Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11297 resensies.
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Bell House Akkommodasie"Beautiful area and very peaceful. There is a nursery close to the accommodation with a nice restaurant (Blue Lizard) where we had a delicious lunch, it also had a small deli where we could buy some nice treats and other food items."
"Graaff-Reinet is 'n mooi, skoon en onderhoude dorp. Veilig en rustig. Al die straatligte brand en die Groote Kerk is pragtig."
"As jy klaar deur die winkeltjies gestap het, is daar nie veel om te doen nie. Die restaurante se kos en diens was uitstekend."
"As jy van ou geboue hou en graag 'n dorp soos Prins Albert te voet wil verken sal jy dit geniet. Daar is ook bergklim en ander aktiwiteite. Om daar te kan gaan skilder of skryf is vir my droommooi. Maar as groot inkopiesentrums jou ding is sal jy deur Prins Albert ry en dit nie eers raaksien nie."
"Die vloedmuseum is 'n besoek werd. 'n Goeie restaurant/steak house sal 'n groot aanwins vir die dorp wees. Tans is daar net 3 kitskosplekke."
"Die winter is maar koud in die Karoo. 'n Lekker skaapfees sal miskien toeriste kan trek."
"Ek dink nie Beaufort-Wes is 'n slegte toeristebestemming nie. Ek kon nog net nie genoeg tyd daar spandeer om dit te waardeer nie. Ek is gewoonlik net op pad boontoe of ondertoe."
"Wanneer mens inry lyk dit maar soos enige ou dorp wat begin agteruitgaan met ou paaie, ouer besighede en rof-slapers maar wanneer mens 'n bietjie dieper gaan sien mens die ou geskiedenis met pragtige kerke en huisies en oulike B&Bs en restaurante wat mens laat dink aan vroeër jare."
"Ons het net deurgereis en het weer vroeg vertrek. Kan nie regtig kommentaar lewer oor die dorp self nie. Het wel baie lekker by 'n baie aangename restaurant geëet."
"Die heerlikste Karoo-lamstjops by slaghuise te koop! Een van die mooiste kerke! Lekker koffie!"
"We spent one night as a stopover on the way to Joburg. We'll definitely use it again."
"'n Pragtige, skoon dorpie met vriendelike inwoners. Heerlik geëet by Bruno's. Geurige en smaaklike disse! Beslis 'n moet om hier te kom eet."
"Carnarvon is baie agteruit en ek sou nie 'n gastehuis in die dorp aanbeveel nie."
"Die ou hotel is fantasties met heelwat ander eetplekke ook in die dorp. Hartseer dat die teater toegemaak het na Covid."