Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Besoek Fraserburg as jy uit die gewoel van die stad wil kom en jouself weer wil vind. Die mense is so vriendelik en so behulpsaam. Ons sal definitief weer gaan."
"Die Karoo se betowering kom le diep in jou hart. Jy gaan beslis weer en weer terugkom!"
"Ons was nie juis in die dorp nie, net vinnig by die spar gestop so ek kan nie daarop antwoord nie."
"Not exactly a place I'd go for vacation. Fine for an overnight stop when travelling across the country."
"Mooi skoon dorp. Aanwysings op borde miskien nie so akkuraat nie, maar het die Spur gekry."
"Het net oorgeslaap. Kan dus nie regte opinie van die dorp gee nie. Vriendelike mense. Wat wel gepla het is die kinders wat so gebedel het terwyl ons probeer kos koop het."
"Een van die kosbare juwele van ons land wat ons moet koester deur ons Karoodorpe te ondersteun."
"Oulike dorpie om oor te slaap op pad Kaap toe, die slaghuis was nice vir Karootjoppies."
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Herberg Manor"Somerset-Oos is 'n dorp met ouwêreldse sjarme. Skoon strate, rustige omgewing - het veilig gevoel. Selfs die restaurant wat 'takeaways' verskaf het, is aan te beveel. Vriendelike inwoners - was by 'n diensverskaffer met die naam van Hansie, wat gehelp het met 'n skroef wat losgekom het in onderstel van voertuig, uit sy pad gegaan om te help, wou nie eers geld aanvaar nie - dis die soort dorp wat dit is. Omgee-dorp. Sal beslis weer 'n draai wil maak in Somerset-Oos."
"Die hotel se aandete is heerlik. Die dorp is skoon en netjies, maar ongelukkig baie werklose mense."
"I simply love Graaff-Reniet, it never disappoints. Charming, clean, lots of historical buildings."
"Graaff-Reinet self is 'n pragtige dorp, maar soos meeste ander plekke voel jy bedreig wanneer jy by enige publieke plek oorval word met sogenaamde motorwagte. Toe ek 'n bekende kettingwinkel besoek het was daar nie minder as 6 mense wat almal geld wou hê."