Geverifieerde Resensie
Kingsburgh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kingsburgh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 211 resensies.
"Regtig 'n lekker plek wat nie oorvol was in Desember nie met baie plekke naby waarheen jy kan ry as die weer 'n bietjie goor is."
"Warners Beach se badkamers was heeltyd toe en het heeltyd soos sewerage geruik. Maar verder was alles maar rustig."
"Strande is nie skoon nie. Geen vars vis te koop nie wat vir ons wat van die binneland af kom nogal belangrik is. Ons is nie lus vir gewone take aways en gevriesde vis nie."
"Ek dink daar kort meer ordentlike restaurante en ook meer wegneemetes. Miskien meer aktiwiteite ook vir as die weer nie lekker is vir die strand nie."
"Baie goed! Al ons inkopies by Woolworths en Checkers gedoen. Heerlike varsgebakte vis by 3 Vikings gekoop."
"Is 'n goeie bestemming as jy naby Durban moet wees vir bv. werk. Kingsburgh voel nie baie veilig nie en eetplekke maak almal vroeg toe."
"Die eetplekke was maar scruffy in die omgewing. Ons het al die pawnshops en ander winkeltjies geniet. Die strande was stil en skoon."
"Persone wat die kus besoek gaan om in die see te baljaar, maar weens E. coli-besoedeling is dit tans ontoegangklik weens vloede wat daar was. Dit is 'n gerieflike bestemming ver genoeg van Durban, maar naby aan die attraksies wat Durban bied vir vinnige heen en weer ry."
"The sewerage maintenance of the municipality needs to get up to speed, otherwise the town will lose tourism money."
"Alles in Kinsburgh is minder as 5 min se ry ver so dis 'n perfekte bestemming vir mense wat beplan om nie te ver van die huis af te gaan nie. As jy wel verder wil gaan is Amanzimtoti baie naby en Durban is net 'n 20 minuut rit weg."
"Tuk-Tuk het handig ingekom, maar dit sal ook great wees as daar scooters te huur is by komplekse of ten minste inligting daaroor."