Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1875 reviews.
"Pragtige plekkie, netjies en veilig. Dis 'n goeie plek vir 'n rustige lewenstyl."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Moet nie die laaste naweek van die maand jou besoek daar beplan nie. Dorp is dan oorlopens vol en vuil. Mense vertrap jou en maak die kuiertjie nie so lekker nie. "
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"Baie oulike outydse dorpie met baie aktiwiteite om as gesin saam te doen en dit is nie vêr uit mekaar uit nie. Baie beïndruk met die wegbreek Oudtshoorn toe."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."
"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."
"Baie interessant en die moeite werd, al is dit net om die stilte te beleef."
"Vriendelike mense en 'n heerlike geleentheid om weer die platteland te ervaar. "
"Die tydjie was te kort om die dorp behoorlik te verken Sal moet teruggaan vir meer toeriste uitstappies."
"The views and accessibility to shops, banks, etc. is very convenient. Perfectly located."
"Pragtige dorp met oulike winkeltjies en lekker kuierhoekies. Maak nie saak hoe 'n mens se reisplanne lyk nie, dit moet 'n stop vir 'n nag of vier in Montagu insluit."
"Interessante plek. Baie mooi omgewing - die bergpasse en landskap is van die beste in Suid Afrika."
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."