Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 809 resensies.
"Besighede was nie oop nie oor die Paasnaweek nie. Vakansie-atmosfeer is fantasties met goeie water-vermaaklikheid."
"As jy nog nooit daar was nie, maak 'n plan. Ek sal baie van my volgende vakansies in die omgewing hê."
"Daar is soveel ryk geskiedenis in Knysna en omgewing dat dit dalk wys is om 'n bietjie na te lees oor die dorp of van 'n toergids gebruik te maak, anders mis jy dalk van die weggesteekte juwele!"
"Alhoewel die infrastruktuur redelik onder druk is gedurende die vakansieseisoen, bly Knysna en omgewing 'n lekker toerismebestemming met baie om te sien en doen vir oud en jonk."
"Met die hulp van ons gasheer het ons presies geweet waar om wat te doen of te kry. Vriendelike mense in die hele kontrei."
"The daily activities were good. There was a lot to see and do, especially the boat trip to the heads and the restaurant was particularly good. And we visited other places and found a motorcycle museum as well. The beach at Plettenberg Bay was also very relaxing."
"One of my favourite places and I know our friends now feel the same after our visit. See you soon Knysna."
"Baie mooi plek en plekke om te sien. Dit was heerlik om daar te kon besoek."
"Knysna is 'n fantastiese plek om vakansie te hou, die weer is altyd lekker, daar is soveel om te doen in en om Knysna."
"Knysna self is te besig en beknop vir ons, maar als is mooi. Ons het Buffelsbaai ook baie geniet en die Fisherman's walk vreeslik geniet."
"Dis 'n pragtige plek met mooi natuurskoon, die see en mere en nog baie ander. Al probleem is die swaar verkeer deur die dorp met die N2 wat basies deur die dorp gaan. Nou strate, groot en swaar vragmotors maak dat verkeer nog meer ophoop en stadig beweeg. 'n Deurpad wat nie deur die dorp loop nie sou sake baie vergemaklik."
"My favorite part of Knysna is the Lagoon(River). I just love the story of The Phoenix at the Waterfront of the fire that happen in 2017 and just like the Phoenix Knysna rised again out the ashes, just wow beautiful story. The view from Margaret's Viewpoint over Knysna is just breath taking. I just can't wait to go visit again"