Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1111 resensies.
"Net jammer die treintrok restaurant het nie die Covid-ekonomie oorleef nie, maar ons het dit geniet by The Wild Fig."
"Net hartseer dat die Treintrok restaurant nie Covid oorleef het nie. Maar die Wild Fig restaurant het ons verbaas met 'n awesome atmosfeer, en heerlike kos."
"Sabie is in 'n pragtige omgewing geleë, naby verskeie belangepunte in die Mpumalanga-omgewing."
"Soos meeste dorpe in SA, is Sabie ook besig om te verval wat paaie en dienslewering betref. Die omgewing bly egter natuurskoon en aangenaam om te ervaar. Toeriste moet altyd waaksaam wees teen misdaad."
"Ons geniet dit altyd in Graskop maar 'n mens begin nou baie onveilig voel wanneer jy, bv Spar toe gaan. Daar is baie informele handelaars buite."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger Tot Canyons
Tatenda Guesthouse"Die dorpe in die platteland van Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar agteruitgegaan en die werklike "omgee" en die algemene indruk van die dorpe laat maar aan veel te wense oor. Vuil strate, swak paaie, met ongelukkig baie leeglêers word maar oral gevind en soms is jy as toeris maar bekommerd oor jou eie veiligheid, aangesien jy maklik onderskei kan word van die plaaslike inwoners. Die grootste voordeel vir Hazyview is natuurlik sy klimaat en sy ligging so naby die Krugerwildtuin."
"Sabie has the best restaurants and the Brewery is definitely a highlight from our trip. They also offer the best pizza in town. The Wild Fig is also a nice stop for a light lunch! Sabie is also home to a few waterfalls - we made the trip to the Bridal Veil (a long walk up - but totally worth it)."
"Baie min te doen en te besigtig in dorpie self. Weefwinkel aan te beveel."
"Was aangenaam verras oor Sabie en omgewing en sal definitief weer vir 'n wegbreek soontoe gaan."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger Tot Canyons
Safari Bed & Breakfast"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."
"Rustig en sentraal geleë vir besienswaardighede en akkommodasie, asook baie maklik om elke dag bietjie uit te ry na ander bestemmings op die Panorama-roete en selfs verder noord in Limpopo."
"Wonderlike dorp, Hoedspruit. Netjies, skoon, goed toegerus. Naby aan klomp bestemmings."
"Misty Mountains het baie aktiwiteite en is beslis moet besoek. Sabie het baie watervalle om te besoek en die mense is baie vriendelik. Die eetplekke is besig, maar baie gesellig."
"I just love that town. Next time I'm coming back. I will come back again to celebrate my birthday."
"Dit is klein dorpie met 'n Spar en baie restaurant. Die Great Swing is ongelooflike ervaring sowel as om in die lift na die woud onder in die Gorge te gaan."