Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1106 reviews.
"Die omgewing is asemrowend mooi, met ongelooflike besienswaardighede. Toeriste mag dalk afgeskrik word deur die slegte toestand van die paaie."
"Een van die min dorpe in die omgewing wat nog nie heeltemal verval het nie. Hazyview en Graskop was hartseer om te sien."
"Beautuful little town. Does need some TLC, but the surroundings make up for the lack of maintenance. Good friendly folk. Worth a visit. Lovely brewery."
"Dis ‘n baie lekker dorp om te besoek met baie plekke in die nabye omgewing om te besoek. Die paaie in die dorp kort dringend aandag."
"Summerfield Rose Farm en Spa is 'n asemrowend plek om te besoek. Thanks bush pub, waar jy die heerlikste kos kan verwag."
"Hulle moet meer in deels kyk om paar masjiene by die plekke te kry sodat toeriste nie met kontant hoef rond te loop nie. Meeste bestemmings wil net kontant aanvaar en dit vir my is 'n hoë risiko veral in die Covid-tydperk."
"Kort beslis 'n ordentlike slaghuis. Spar se vleis het nie goed gelyk nie."
"Thank you for a great stay. I would love to visit it again and stay for longer so that I could explore the area more. I felt at peace and rested well. Everything was a pleasure."
"Sal dit ongetwyfeld aanbeveel! Ons sal definitief eerder daar gaan oornag sou ons weer daardie kant toe reis. "
"I love Sabie for a quick getaway, whether it's for a relaxing break away or a bit of adventure, I love this location!"
"Daar is baie verskillende buitelug-aktiwiteite om te doen in en rondom Sabie. Jy moet wel ry om by als uit te kom, maar is beslis die moeite werd!"
"Die Graskop Gorge Lift moet asb. net begin saam werk as dit kom by sosiale distansiëring. Het het niks toegepas en duisende mense was op die 26ste Desember daar sonder maskers."
"Dit is die beste klein dorpie om te gaan relax of om baie adventurous te wees. Dis die dorpie wat tussen al die toerismebestemmings is."
"Pragtige dorpie en area. Dit was net bietjie duur om by elke waterval en besienswaardigheid te betaal. Ons was nie bewus van die kostes nie en moes omtrent R90 per waterval betaal wat ons nie in ag geneem het nie. Dit is 'n goeie plan om vooruit te bepaal wat die kostes sal wees. Bourkes Luck is R65 per persoon bo 12 jaar & Gods Window was R15 per persoon."
"Graskop is 'n dorp wat naby die besienswaardighede is asook die pragtige natuurskoon."
"Die dorp word nie onder hou nie. Swak diens aan toeriste. Sal nie weer daar oornag nie."
"Pragtige omgewing met baie besienswaardighede. Baie van die paaie net gevaarlik met al die slaggate."