Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1087 resensies.
"Ongelooflike omgewing en natuurskoon met baie besienswaardighede. Beslis 'n top toeristebestemming vir enige ouderdom!"
"Sabie is a great place to travel to. Love the waterfalls and all the adventure from Sabie to Graskop. Great place."
"Pragtige dorpie met uitstekende en interessante restaurantjies. Daar is 'n Spar en Tops vir al jou basiese benodigdhede. Vriendelike personeel by die Engen/Wimpy. Sabie is naby aan besienswaardighede. Sal beslis weer dié dorpie besoek."
"Elke Suid-Afrikaner behoort die dorpie met al die besienswaadighede te gaan sien. Dis absoluut asemrowend! Aan ons God al die eer! Hy het dit immers gemaak!"
"Oulike dorpie met lekker eetplekkie en winkeltjies, maar verder nie veel te doen in die dorp nie. Omliggend is wel Pelgrimsrus, watervalle ens. Alles maklik bereikbaar."
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Skouspelagtige klein dorpie tussen berge vol verrassings. Elke warerval het sy die bekoring. 'n Moet sien vir elke natuur liefhebber."
"Baie mooi dorp, net jammer als gaan so erg agteruit - veral die paaie. Beslis baie mooi wêreld en so groen."
"Graskop en die omliggende area het die mooiste natuur tonele om na te gaan kyk. Ek sal net graag mense met karre afraai on die horse shoe falls te gaan besoek. Dis 'n grondpad, maar dit het vreeslik baie klippe, en dis nie 'n goeie idee om met jou kar soontoe te gaan nie, veral nie een wat laag is nie. Met 'n bakkie, enige tyd."
"if only there were nearby fast foods joints, like Spur/Steer /Wimpy, but nonetheless, I had a wonderful experience."
"The whole area is one of beauty and it was great to be back after 25 years."
"Up the security at the entrance. Make transport and security available to the waterfall. Thanks."
"Getting better compared to 4 years ago. Safety seems to be no issue anymore. Graskop is central and ideally located to all the tourist spots."
"One of the most beautiful places in South Africa. Restaurants in the area like overrated. I do wish there were better options foodwise. "
"Goeie sentrale punt om die omgewing te verken. Lekker eetplekke en rustige atmosfeer. Dit benodig 'n kunswinkel met goeie skilderye en miskien antieke meubels. Syfabriek is uniek en beslis die moeite werd om te besoek."
"Ek sal eerder Graskop gebruik om die die omgewing te verken. Ons was teleurgestel in Pelgrimsrus. Ek moet sê, die feit dat jy nou orals moet betaal om te gaan kyk na plekke in die dorp het my heeltemal afgesit. Verder, die grootste deel van die dorp is net 'n vlooimark met goed wat ek in enige mark kan koop. Bourke Luck is ook net 'n lokval vir toeriste nou. Jy betaal R55 om in te kan gaan. Dan is daar orals vullis wat op die terrein rondlê en nie opgeruim word nie. Die badkamers is ook haglik. Daar is 'n inligtingsentrum, maar geen werklike inligting nie. Ek sal voorstel dat hulle borde opsit wat sal verduidelik hoe die kolgate gevorm is en watter tipe rots dit is. Dit wil ook lyk of daar besoedeling voorkom in die rivier wat daar deurloop."