Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.
"Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd."
"'n Baie rustige kusdorp, maar dit het ook sy nadeel in dié dat daar geen winkels na-ure oop was waar ons proviand kon bekom nie. Aangesien dit midde-in die blommekyk-tyd was en Lambertsbaai in die middel van die blommeroete, was dit vreemd. Daar is egter 'n baie oulike restaurant (tussen 'n paar minder oulikes) wat deur oud-Pretorianers bedryf word waar heerlike, bekostigbare etes bestel kan word vir wegneem of daar eet."
"Altyd lekker. Almal moet ten minste een keer in Lambertsbaai oorbly. Maak beslis 'n draai by Isabellas in die hawe vir heerlike seekos."
"Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees."
"Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek."
"Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek."
"Lambertsbaai is 'n interessante dorpie en die malgasse beslis 'n moet. SANP het moeite gedoen om die ervaring vir die publiek interessant te maak."
"Muisbosskerm is 'n moet vir vakansiegangers. Was 'n belewenis wat ons nie sal vergeet nie. Is die bedrag werd."
"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."
"Daar gaan nie te veel aan nie, maar vir die persoon wat wil wegkom van alles en ver wil gaan loop op die bitter mooi lang strand is dit 'n goeie opsie. Dalk nie so 'n goeie opsie om tieners besig te hou nie. "
"Gasvrye dorp wat Weskus-kultuur skree! Seekos en kreef vars vanaf die hawe, lieflike eetplekke en 'n ligging wat dit die ideale wegspringplek maak vir kuslangse of binnelandse reise! Pragtige dorpie - skoon en netjies!"
"Lambertsbaai is 'n lieflike skoon dorp en die perfekte dorp vir lekker ontspan."
"Think there should be more visible shops where visitors can buy some raw fish, especially on the harbour."
"Dit is die tweede jaar dat ons Muisbosskerm kom besoek het en ons was weer baie tevrede. Ons het by Raston Guest House oorgeslaap en bietjie in die dorp gekuier - fantastiese mense!"