Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1008 reviews.
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Dit was ons tweede besoek aan Lambertsbaai en ons het weereens die Muisbosskerm toe gekry - wat 'n teleurstelling."
"Baie vriendelike mense. As jy in buiteseisoen gaan is dit rustiger. "
"Die kieskeurige vakansieganger sal beter infrastuktuur verwag. Vir die gemiddelde vakansieganger is Lambertsbaai goed."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Miskien nie vir die jong mense nie. Daar is nie veel om te doen nie, maar as jy will gaan vir ontspanning is dit 100%"
"As jy wil wegkom uit die stad se gewoel en stilte en oop, lieflike strande verkies, is hierdie jou bestemming. Vir ons behoeftes van die naweek was alles voldoende. Ek is wel bekommerd oor die groot hoeveelheid stukkende bottels wat ek opgetel het op die strand, maar besef dat dit maar 'n algemene probleem is by strandplekke."