Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3876 reviews.
"Haenerstburg is 'n goeie oorslaapdorpie en het ons nogal verras met sy uiteetgeriewe. Sal die dorp aanbeveel vir oorbly en dan vandaar af Magoebaskloof en die omgewing gaan besigtig as om in Tzaneen te oornag."
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"A great place to visit as a tourist destination, the people in this part of the world are really friendly and the sights were spectacular."
"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."
"Sal graag weer die omgewing besoek en meer tyd spandeer om alles te verken."
"Naboomspruit is maar 'n tipiese Suid-Afrikanse dorp: besig, nie altyd netjies en skoon nie, rye by banke se OTM's en besig, so ook die res van die winkels. Net buite die dorp begin die pragarea. "
"Ons het die naweek baie geniet. Sal beslis weer gaan maar ander verblyf soek."
"Verlang terug na die dae toe ek nog daar skoolgehou het - die rustigheid en skoonheid van die platteland!"
"Baie goeie hardekoolhout in Vaalwater by die petrolstasie, gekoop. Klein dorpie met al die nodige in die omgewing."
"Pragtige dorpie wat alles het wat nodig is. Daar is 'n groot Mall waar mens noodsaaklikhede kan kry. Pragtige gholfbaan en 'n awesome slaghuis waar ons krokodilvleis kon koop. Beautiful!"
"Mokopane was in die begin vir ons deurmekaar, maar later gewoond geraak. Daar is 'n oulike dieretuin/wildtuin net diskant die dorp. Die toegang is nie baie nie en daar was leeus en luiperds en wildehonde. Baie oulik!"