Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3876 reviews.
"Was heel tevrede met die akkomodasie behalwe vir die semet reuk in die kamers en het ook geen lugverkoeling nie."
"Die dorpie self is maar klein, maar die omliggende areas waar die wildsplase en lodges is (soos Olievenfontein) is fantasties mooi."
"Pragtige dorp met goeie besighede. Die omgewing is van die mooiste in ons pragtige land, en daar is 'n verskeidenheid van ontspanning en besigtiging beskikbaar."
"Dit is rustig en baie mooi daar, alhoewel dit bitter droog was in die tyd wat ons daar was, is dit vir natuurliefhebbers soos ons regtig die plek om te wees."
"Goeie omgewing. Warm, boom- en bosryk. Jy kan gerus die N1 verlaat om 'n stop hier te maak."
"Bela-Bela het lekker sentrums en eetplekke, wat nie te ver uitmekaar uit is nie. Toeka se dae, die padstal net buite Bela-Bela is altyd 'n wenner!"
"Noudat die probleme met die munisipaliteit een-vir-een opgelos word, word dit weer die wonderlike, natuur-mooi dorp wat dit eens was."
"Meer vir jagters as algemene toerisme, maar lekker om op die plase te kan uitkamp!"
"Ek ken nie regtig Louis Trichardt se besienswaardighede nie, aangesien ek slegs vir besigheid soontoe gaan. Maar met die waarde vir geld by Kuifkop Cottage sit ek die aand baie ernstig aan't oorweeg om my vrou bietjie Louis Trichardt toe te vat vir 'n naweek en sien wat te siene is. "
"Heerlike, rustige vakansie, met soveel om te sien en te doen. Ons gaan gou weer!"
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Een van my gunsteling reis-bestemmings in SA. Ongeag van waarheen jy gaan, die omgewing is pragtig."