Verified Reviews
Lydenburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lydenburg
Rated 3.6 out of 5 based on 94 reviews.
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Die swak paaie in die dorp en omliggende area is vreeslik swak. Myn- en landbou-trokke moet liefs nasionale paaie gebruik om goedere te vervoer."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Paaie is in 'n haglike toestand, dit sal help as munisipaliteit iets daaraan kan doen."
"Watch the potholes on the Lydenburg-Dullstroom road, they have become horrendous!"
"Tipiese plattelandse dorp waar die munisipaliteit die plek toelaat om te verwaarloos. Baie jammer!"
"Bestuur versigtig om die slaggate te verhoed. Besoek die restaurant, Diggers. Hulle kos en diens was fenomenaal."
"Jammer dat die stadsraad nie die paaie onderhou nie, so 'n mooi dorp wat nie onderhou word nie."
"Plaaslike regering moet net meer aandag gee aan infastuktuur van die paaie sal hulle meer besoekers kry in die dorp."
"Die swaar groot vragmotors wat deur Lydenburg ry, verniel die paaie ontsettend. Die mynmaatskappy behoort hul verpligtinge op te neem en die paaie wat hulle so stukkend ry, in stand te hou. Ons het baie swaar vragmotors deur Long Tom Pas gekry, waar hul hompe uit die pad ry, en baie potholes. "
"Die paaie in Lydenburg is baie sleg (slaggate) en die dorp is vervalle. Dit is egter 'n lekker dorpie om te oornag op pad Sabie of Graskop toe. "
"Lydenburg is situated in a beautiful region and is therefore a useful stop-over. The town itself has no great attraction, in our opinion, and roads are very pot-holed. "
"Die Spar is wonderlik en by meeste van die plekke waar ons gekom het praat almal nog Afrikaans. Was nogal verfrissend. Daar is klein juwele in die dorpie en dis skoon. Almal is vriendelik. Paaie het net baie regmaak nodig, veral in die Hoofstraat."
"Het net oorgeslaap. Kan ongelukkig nie regtig kommentaar lewer oor dorp of wat daar in die omgewing te doen en sien is."
"It's a overnight stay jewel but their roads are terrible of potholes and a truck drive through which is the cause most probably. "
"Interessante plek met die oulikste restaurante en redelik naby ander toeriste aantreklikhede."
"Net Lydenburg omgewing tot Belfast is pad baie baie sleg met vol gate. Dit kan enige mense se karre skade aandoen en dit is so duur om reg te maak. Hoop die vol gate pad word binnekort regmaak. "