Geverifieerde Resensie
Lydenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lydenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 102 resensies.
"Strate in die dorp vol slaggate. So jammer om die agteruitgang van nog 'n plattelandse dorp te sien."
"Niks fout met Lydenburg nie ─ het al by oulike plekke gekuier. Die hoofpad is net baie sleg en ons sal nie weer in die area bespreek nie. "
"Lydenburg self is nie ’n toeristebestemming nie, maar mens kan wel ’n paar nabygeleë plekke besoek van daar af."
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"Die swak paaie in die dorp en omliggende area is vreeslik swak. Myn- en landbou-trokke moet liefs nasionale paaie gebruik om goedere te vervoer."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Lydenburg is a wonderful place to go to when you want to relax. There are a few things to do while you are there such as Graskop Gorge and God's Window which are both beautiful."
"Paaie is in 'n haglike toestand, dit sal help as munisipaliteit iets daaraan kan doen."
"Watch the potholes on the Lydenburg-Dullstroom road, they have become horrendous!"
"Tipiese plattelandse dorp waar die munisipaliteit die plek toelaat om te verwaarloos. Baie jammer!"
"Bestuur versigtig om die slaggate te verhoed. Besoek die restaurant, Diggers. Hulle kos en diens was fenomenaal."
"Jammer dat die stadsraad nie die paaie onderhou nie, so 'n mooi dorp wat nie onderhou word nie."
"Plaaslike regering moet net meer aandag gee aan infastuktuur van die paaie sal hulle meer besoekers kry in die dorp."
"Daar gaan nie vreeslik baie in Lydenburg self aan nie, maar dis 'n goeie basis vanwaar beide Dullstroom sowel as die Panoramaroete verken kan word. Die Sterkspruit Natuurreservaat en die kort staproete na die waterval is 'n hoogtepunt."
"I am giving 5 stars as the roads are busy being upgraded, the town itself is neat. We went to visit friends and do the heritage walk/cycling which also made the weekend a great break away. As mentioned before - it was worth the trip!"
"Die swaar groot vragmotors wat deur Lydenburg ry, verniel die paaie ontsettend. Die mynmaatskappy behoort hul verpligtinge op te neem en die paaie wat hulle so stukkend ry, in stand te hou. Ons het baie swaar vragmotors deur Long Tom Pas gekry, waar hul hompe uit die pad ry, en baie potholes. "