Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Clarens, Maloti Route, South Africa
RiverWalk Guest House"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Leliehoek"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"BAIE OULIK EN 'N HEERLIKE WEGBREEK NA 'N BAIE MOOI PLEKKIE OMRING MET BERGE!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Beslis 'n besoek werd en die nabyheid van Golden Gate is 'n bonus."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"We were delighted to find fresh cherries at Constantia Padstal!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Baie oulike en interessante dorpie...dit het ons verwagtinge oorskry!"
Ladybrand, Maloti Route, South Africa
Cranberry Cottage"Netjies en skoon met baie mooi sandsteengeboue. Nodige winkels en besighede ook goed en nie so verwaarloos soos byvoorbeeld Clocolaan nie. Nie veel in die dorp self te doen nie."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Lesoba Guest Farm"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Accommodation @ The Spa"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"The place is worth another visit as our visit did not do it justice."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Caledon Country House"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Arundel Studios"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
Clarens, Maloti Route, South Africa
V'Kansi Khaya"Sal beslis weer teruggaan, hopelik in die winter vir die sneeu."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Jovali"Baie kommersieel en baie duur. Die eetplekke het baie lekker kos."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Jovali"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Clarens Retreat"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Nie rystoelvriendelik nie en gestremdes vind dit moeilik om rond te beweeg."