Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3706 reviews.
"Dis jammer dat die winkels al 16:00 toemaak en dat sommige restaurante nie elke dag oop is gedurende die skoolvakansie nie."
"Clarens is 'n pragtige dorpie tussen mooi berge. Baie om te sien en lekker eetplekke. Ons kuier gereeld daar."
"If you like a safe place to shop and wander around between restaurants and in nature, highly recommended!"
"Ons was by 'n troue by Zuikerkop net buite Clocolan, daarom het ons hier geslaap. As jy 'n plek soek waar daar regtig niks is vir sover jy kan sien nie, dan is hierdie die ideale wegbreek plek. Ons was egter lekker verras. Die oomblik wat jy begin kyk om te kyk sien jy daar gaan baie meer aan as wat jou eerste indrukke is."
"Dit is 'n heerlike plek om te kom ontspan en die pragtige natuur te geniet. Sal definitief weer teruggaan!"
"Mal oor die plek....mens is ontspanne die oomblik as jy uit die kar of af van die motorfiets af klim...."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
"Lovely vibe in Clarens, very interesting shops. Lovely meal at the Posthouse in front of a log fire."
"Die dorpspaaie is tipies klein dorpie met 'n grondstraat hier en daar. Die mense is baie vriendelik."
"Bijzonder veel te zien vlakbij Lesotho en Drakensbergen."