Geverifieerde Resensie
Manaba Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Manaba Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 79 resensies.
"Persoonlik verkies ek 'n kleiner strand, soos Manaba in plaas van Margate etc. Ek dink die verkeer in die hoofstraat kan ongelooflik besig wees gedurende piektye. "
"Manaba is a fun place to be. Areas of improvement would be if it can have Ubers and Bolts as a form of transport to accommodate visitors without their own transport as cab taxis don't have the apps to request."
"Munisipaliteit brand sommer die rommel op die strand. Dit was onverwags, maar verder baie lekker gewees. "
"Awesome beach. Quiet in July. Near to shops and near to all locations in and around Margate."
"Lekker stil strand in die week, maar bietjie woelig oor naweek met vissermanne."
"Manaba is mooi maar ek persoonlik verkies St Michael of Uvongo se strand. Baie sentraal geleë."
"'n Groot waterpyp het gebars met ons verblyf. Ugu Munisipaliteit kon dit nie regmaak binne tyd belowe nie, maar was darem heeltyd in kontak. Crime bly maar 'n issue met baie 'strandlopers' waarvoor jy moet uitkyk, maar nie erger noodwendig as ander plekke nie. Manaba gerieflik naby aan alles & het 'n fantastiese lang oefenpad al langs die see af!"
"Manaba/Lucien-strand is een van die beste strande aan die Suidkus en het blouvlag status. Daar is rotse asook die swem strand met lewensredders."
"Manaba is gerieflik geleë tussen Uvongo en Margate - Sonnestrale is 800 m van Margate strand af. Daar is ongelooflike rotse en 'n getypoel tussen in. En dit is nie so kommersieel en oorvol soos Uvongo en Margate nie. Manaba is die beste van beide wêrelde."
"It's quiet, beautiful and peaceful. We sighted dolphins and whales almost every day. Very short distances to wherever one would like to go to. Agency, management and owner were very professional."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."
"Die enigste probleem is die verkeer. Om by die hoofpad aan te sluit is tydsaam, veral as `n mens wil noord draai in die hoofpad in. Jy moet lank wag vir `n veilige geleentheid om oor te ry en in te draai."