Geverifieerde Resensie
Manaba Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Manaba Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 79 resensies.
"Very nice, quiet area, just the place you would want to go to relax and unwind. Just a pity about the ongoing water problem, prospective holiday makers have to be told of this problem, so that they can make alternative holiday arrangements elsewhere."
"Ons gunsteling vakansiedorp aan die Natalse Suidkus. Ongelukkig is die paaie net vol slaggate."
"Pragtige area, soos enige munisipaliteit het die paaie aandag nodig. Baie sentraal geleë na aan alle winkels. "
"Dit was en sal nog altyd 'n stand met waarde vir jou geld wees. Almal was gerus en veilig op die strand."
"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."
"As jy van die beach hou en jy is jonk is daar baie te doen. Vir ouer egpare vind ons nie veel om te doen nie. Elke dag n ander coffee shop? "
"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."
"Die enigste kritiek wat ek wil lewer is oor die riolering wat (net soos in Hartbeespoort) op die mees ongelëe tye by die pompstasie uitloop. Anders as Hartbeespoort, is die munisipale werkers gou op die toneel."
"Ek sou 5 sterre gegee het maar ek was bitter ongelukkig dat Lucien strand nie instandhouding op hulle haainette doen voor die vakansie tye nie. "
"Manaba is sentraal geleë tussen Margate en Uvongo en daarvandaan kan enige bestemming redelik bereik word."
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Dis 'n baie stil plekkie, om net te gaan rus is dit 'n baie goeie opsie."