Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1901 reviews.
"Ons geniet Marloth en is al vir meer as 14 jaar besoekers hier. Wat ons opgeval het is dat die huise word baie opmekaar gebou en ons het baie vullis gesien en bourommel. Verder is daar baie keer lawaai van mense wat nie altyd gepeil kan word as mense met geen nagedagte vir die mede-inwoners of sommer net blatant is nie. Marloth bly nog steeds pragtig, maar ons wonder maar oor die vinnige groei."
"Baie mooi, rustige en lekker plek om te gaan ontspan. Uitkyk plekkies langs die rivier is pragtig! Die spoedheuwels is bietjie erg hoog, want ons het gesukkel om met n klein karretjie daaroor te ry sonder om die voertuig te beskadig. Dit is nie almal wat met 'n bakkie of 4x4 voertuig ry nie. Ek glo dit is nodig om te keer dat mense jaag, maar dit is n bietjie erg vir iemand met n klein karretjie."
"Marloth Park is fantasties! Ons geniet elke keer ons kuier daar terdeë! Sal ongelukkig nie die nuwe waterpark aanbeveel nie, ons sal eerder by ons huurhuis swem. Somer is te warm vir ons, ons sal eerder ons verlof in Marloth in die winter neem."
"Nearby place to stay if you wish to visit Kruger National Park. Shopping centre has all the necessary available. Love the swimming pool ans slides."
"Lief MarlotPark ongelooflike mooi plek vir akkommodasie en veral die diere wat tot by jou voor deur loop. Absoluut fantasties!"
"Het baie wild gesien, lekker naby en kon mooi fotos neem, dis baie besig teen laat middag met mense wat huistoe gaan, neem aan dis van die bouers en werkers daar, busse en vragmotors, maar as dit eers verby is, is dit rustig en jy kan die leeus hoor brul in die aand. Bonus!"
"Die park is pragtig opgegradeer om kindervriendelik te maak. Dit voel asof jy in 'n klein dorpie woon met wilde diere as jou buurmense."
"Ons is net werklik bekommerd oor die onbelemmerde deurloop van mense wat nie inwoners is nie! "
"Marloth Park is die beste vakansiebestemming as jy graag in die bos wil wees met wild om jou. "
"Ons as familie gaan ten minste een maal per maand Marloth toe. Ongelooflike ervarings."
"Ons geniet die park vreeslik en gaan gereeld. Ons het hierdie naweek Saterdag en Sondag 4 van die Groot 5 net langs die draad van die wildtuin gesien. Ons geniet die park vreeslik."
"Marloth Park is bos op sy beste en het die perfekte ligging vir wildtuinbesoeke. Marloth gaan ons beslis nog baie sien."
"Klaarblyklike werkers wat langs die pad oorkant die winkels rondlê en die plek bemors is 'n seer vir die oog en skep ook geleentheid vir ongewensde elemente om rond te hang. "
"Sekere van die paaie baie moeilik om op te ry. Rustige omgewing. Lekker plek om te ontspan, goeie ontvlugting van stad se gejaag. "
"Baie dankie. Sal beslis weer gebruik maak. Dankie vir vriendelike eienaars."
"My eerlikke mening is dat Marloth nie oopgestel moet word vir groot toeristegroepe nie. Dit is 'n heerlike wegkomplek vir Suid-Afrikaners vir 'n naweek of selfs 'n paar dae. Word hy te veel oopgestel, gaan daar definitief oorvloed van mense by die sentrums wees, veral by die nuwe waterpark. "
"Die park lyk verwaarloos met baie bourommel en sommige huise wat erg verwaarloos is. Vriende het genoem dat Marloth Park agteruitgegaan het, en ongelukkig moet ek (na ons verblyf) daarmee saamstem. "