Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1877 reviews.
"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."
"Ons sal beslis weer daarna toe gaan as ons 'n rustige atmosfeer soek en sal lekker as familie saam kan kuier."
"Bietjie bekommerd oor die rookbeleid by die restaurante - daar blyk geen te wees nie. Rokers rook waar algemene publiek sit (en kinders) en eienaars doen niks daaromtrent. As dit rook-areas is moet hul mens waarsku en nie kinders daar toelaat."
"Die wild is baie maar ek sou graag vooraf wou weet dat van die paaie in die park nie so mooi vir normale voertuie is nie! Ons was onkant gevang op een of twee van die strate toe ons wild gaan soek/kyk het. Verder is die winkeltjies goed toegerus en is die park mooi skoon. "
"Ons het dit omgewing vreeslik geniet en het baie veilig gevoel. Ek sal so 'n naweek vir enige jong gesin aanbeveel. "
"The only issue is security. We had security people on the premises around 14:00 on Sunday morning looking for intruders - an alarm system should be installed or 24 hour security on the premises. "
"Sal weer soontoe gaan. Mense baie vriendelik en die wilde diere is awesome. Die kinders het dit terdeë geniet."
"I love Marloth. We enjoy going to KNP. And we book into Marloth for the privacy after a long hot day in KNP. "
"Sekuriteit moet uitgesorteer word. Hekwag het vir ons aankomende voertuig oopgemaak toe ons nog 100 meter vanaf die hek was. Ons het regdeur gery. "
"Marloth is so naby aan die Wildtuin, en ons het meer diere gesien daar as in die Kruger Park. Die winkels was gerieflik naby en ons het selfs in Marloth rondgery en baie diere gesien. "
"Marlothpark is verrassend. Die opset van die park is, jy bly in n bosserige omgewing. Winkels en vulstasie is daar. Ons het baie verskillende diere gesien. Soms hoor jy die gebrul van 'n leeu."
"Amazing River view restaurant is 'n groot moet op almal se lys wanneer Marloth Park besoek word."
"Jammer dat die aantal huise wat gebou mag word nie beperk is nie, mag dalk later die diere in die omgewing negatief beïnvloed."