Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1901 resensies.

Marlothpark

Die Hartbeeshuisie

"Heerlike vakansie plek."

Marlothpark

Lion King 3953

"Die omgewing is baie droog en warm op die stadium, maar die diere het opgemaak vir dit! "

Marlothpark

Walking Tall Private Bush Retreat

"Kan dit aanbeveel vir 'n vakansie in die bos."

Marlothpark

South Post at Kruger

"Heerlike plek. Baie stil en rustig en baie lekker om uit te rus."

Marlothpark

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Marloth is teenaan die wildtuin wat lekker is. Dink net hulle moet meer doen om al die plekke binne mooi te hou. "

Marlothpark

South Post at Kruger

"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."

Marlothpark

South Post at Kruger

"Paaie kort 'n goeie skraap, maar weens gebrek aan reën is dit te verstane."

Marlothpark

Lidvubu Lodge

"Ons wou nie huis toe gaan nie!"

Marlothpark

3875 Eagle

"Ongelooflik!! Wonderlike gaste in die laat middag en vroeg oggend!"

Marlothpark

Fever Tree

"Die enigste negatiewe kommentaar oor Marloth Park was die toestand van die paaie in die wildreservaat. Julle behoort die mense met plat karre te waarsku dat die pad nie geskik is daarvoor nie. 'n Hoër grondvryhoogte is noodsaaklik op sommige plekke. Ons moes 'n paar keer stilhou om klippe uit die pad te verwyder. Daar is ook baie min wild. Ons het meer diere gesien vanaf ons voorstoep. Wanneer ek julle weer besoek sal ek nie weer die moeite doen om na die wildreservaat toe gaan nie."

Marlothpark

Lidvubu Lodge

"Baie nice."

Marlothpark

Oppidraai

"Wonderlike plek om tot rus te kom en die natuur te kan geniet."

Marlothpark

Kudu Lodge

"Ons besoek Marloth Park gereeld en geniet dit baie, maar het opgelet met ons laaste besoek dat jy nie baie veilig voel nie. Waarom kan almal net vrylik by die hekke inry? Sal moet dink aan sekuriteit."

Marlothpark

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Marloth Park is naby die Krokodilrivier-hek wat dit gerieflik maak vir wanneer mens wildtuin toe gaan. Mens gaan slaap en word wakker met die geluide van die bos, baie rustig en stil."

Marlothpark

Koekoek Guesthouse

"Altyd lekker om vir 'n naweekwegbreek na Marloth te gaan."

Marlothpark

Fever Tree

"Uitstekend om die "bos" te ervaar. 'n Mens voel soos 'n regte Afrikaan daar."

Marlothpark

3875 Eagle

"Die hout uitspattig duur, winkels duur. Lionspruit is nie die ingangsfooi werd nie, meeste van die paaie baie sleg. Komatipoort is selfs goedkoper. Marloth is toeganklik en besoekersvriendelik. Uitkykpunte goed versorg en strategies geleë."

Marlothpark

The Promised Land

"Heerlike lekker ontspanne wegbreek, met die voorreg om ons diereryk op jou agterstoep te besigtig. Kan nie wag om Marloth Park weer te besoek nie."

Marlothpark

Buffalo Chalets Marloth Park

"Dit was 'n wonderlike belewenis."

Marlothpark

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Ek sal hierdie plek vir enige persoon aanbeveel, wat graag 'n rustige vakansie in die bosveld wil hë. Daar was nie een sekonde wat ons verveeld was of dit nie geniet het nie. Ek het in my lewe nog nooit so welkom by 'n vakansieplek gevoel nie. Ons wou nie eers teruggaan huis toe nie. Vir die wat graag rustigheid soek, dit is die plek vir jou. Ons gaan nou sommer twee keer per jaar soontoe so lekker is dit. "

Marlothpark

Serenity Du Bois Lodge

"Mense speel soms harde musiek wat nie hoort in 'n natuuromgewing nie."

Marlothpark

Magani Ridge

"Marloth Park is nog altyd my wegbreekplek as die lewe te veel word. "

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Lief Marloth en kuier gereeld daar!"

Marlothpark

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."

Marlothpark

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."

Blad
Blad 56 - Wys 1651 tot 1680

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang