Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1877 reviews.
"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"
"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"
"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."
"Lieflike staparea al langs die riviergrens!"
"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."
"Baie rustig met alles wat nodig is. Die wild lyk gesond en is mak, mens kan alles van naby besigtig. Die sekuriteit was baie behulpsaam."
"Die ligging is perfek veral langs die Krokodilrivier. Definitief 'n fantastiese ervaring."
"Marloth is an excellent location to Kruger. Some of the roads were in a poor condition due to the recent heavy rains but overall a lovely place to spend a holiday. "
"Marloth Park is wonderful. We had a good time. Went to Kruger with "Chase in Africa". Went to Slide Spa for a neck and back massage. We had our 30 year wedding vows renewed at Phumula - the staff and food were great. My husband lost his wallet and it was handed in at Daisy's Den. Thank heavens for such honest people. They all go out of their way to help. Its a pity we could not go into the lion park, you have to go to the municipality to by tickets?"
"Wat meer wil jy hê as om in die oggend uit te gaan en diere om jou te sien. Vriendelike mense by die winkels wat so lekker gesels en die rustigheid van die natuur. Jy het niks meer nodig nie. "
"Marloth Park word sterk aanbeveel. Dit bied oulike verblyfopsies en dit is waarde vir geld. Daar is diere wat vry rondbeweeg onder meer sebras, impalas en meer. Die Krokoldilrivier is maklik bereikbaar en diere soos seekoeie, renosters, leeus en krokodille kan vanaf die oewer gewaar word. Verder is daar 'n klein supermark, petrolstasie en 'n restaurant - alles is beskikbaar en die Krugerwildtuin is ook naby. "
"Absoluut puik. So lekker gewees met diere ens. Die Jabula Lodge se restaurant is puik."
"Marloth Park is 'n gewilde vakansiebestemming, maar die stigma rondom groeiende kriminele aktiwiteite skep rede vir groot kommer. 'n Mens hoor al hoe meer mense wat oor dié rede ander bestemings verkies."
"Marloth Park bied alles wat jy benodig. Sou graag meer inligtingstukke by die inkopiesentrum of elders beskikbaar wou hê sodat 'n persoon nie oningelig is nie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. "
"Net jammer ek kon nie my hondekinders saambring nie, maar dit was heerlik en oulik om die bokkies te voer. Ek wens ek kon die naweek teruggaan. Personeel by die hek was baie vriendelik en behulpsaam."