Verified Reviews
Midlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Midlands Meander
Rated 4.4 out of 5 based on 270 reviews.
"Ek was aangenaam verras met die dorpie. Het tevore slegs die waterval gaan sien. Veral die ouer deel is pragtig en boomryk met outydse huisies. Dat daar baie gebeur in die dorpie, is duidelik, te oordeel aan kennisgewingborde en motors by sale op 'n Donderdagmôre. Die mense, ook in die winkels, is vriendelik en behulpsaam. Die Midlands Meander is ook vinnig bereikbaar hiervandaan."
"Ons het nie veel van Howick uit 'n toeriste-oogpunt gesien nie, maar ek was by ongevalle in die hospitaal en het uitsonderlike diens ontvang."
"Lovely days on the Midlands Meander, recommend going to visit the Marrakesh cheese farm, we loved it."
"It's not too far to do the Midlands Meander, and close enough to the Drakensberg to get the Berg vibe, with the very necessary and cozy fire at night. With cows grazing in the cam beside Hideaway, the farm atmosphere is right there!"
"Ons was net by die winkels vir kos en verder by die woonstel, so ek kan nie iets sê van toerismebestemming nie."
"Die dorpie beskik oor genoeg restaurante en winkels. Die Howick-watervalle is asemrowend!"
"Ons was baie beïndruk met die omgewing, nie besef dis so 'n groot "dorp" nie wat so lekker groot verskeidenheid winkels het nie."
"Hulle kan ook maar soos die res van Suid-Afrika aan hul paaie werk wat so vol slaggate is."
"Ons het die Karkloof Waterval vir die eerste keer besoek en dit was 'n hoogetepunt. Lieflike piekniekgeriewe daar wat ek sou benut het as ek vooraf geweet het. Die badkamers was ook baie mooi skoon. Lieflike omgewing om te besoek en net te ontspan. So baie plekkies om te ontdek."