Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Mosselbaai is 'n baie lekker vakansiebestemming en ek sal enige tyd weer daar vakansie kom hou."
"Ons sal Mosselbaai aanbeveel vir families. Daar is heelwat aktiwiteite vir ouers en kinders om te doen. Dit was 'n baie aangename kuier in Mosselbaai, inwoners baie vriendelike en behulpsaam. Bartolomeu Dias museum is die beste museum wat ons tot op hede besoek het."
"Just love Mosselbay so much. This was our second time and so much to do, still will be back again there for a longer holiday."
"Heerlike vakansie-atmosfeer. Skoon dorp en oral was die diens puik! Eetplekke se diens was baie goed en kos baie vinnig by die tafel! 5 ster-dorp!"
"Dit lyk netso lekker. Ons het 'n paar keer deur gery soontoe, maar Hartenbos bly ons eerste liefde."
"There's not a lot activities for kids to do. Most of the places are too small or too expensive."
"Baie om te sien en te doen. Netjiese dorp, sien heeltyd mense besig om paaie reg te maak en gras te sny. Puntsmanne en -vroue op diens by verkeersligte met load shedding. Mosselbaai is baie besig in Desember, maar het 'n lekker vibe vir oud en jonk."
"Dis 'n bestemming duisend. Geen slagate nie. Alles werk. Verkeersbeamptes help by kruisings."