Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Dit was 'n goeie besluit om Mosselbaai ons vakansiebestemming te maak. Het elke dag iets nuuts gedoen of gesien."
"Perfekte vakansiedorp. Baie goeie restaurante en koffiewinkels. Pragtige skoon strande. Vriendelike mense. Beste plek om uit te rus en die mooi natuur in te drink!!"
"Regtig 'n pragtige vakansiedorp met wêreldklas Medici. Personeel van Life Bay View hospitaal was uiters hoflik en baie behulpsaam."
"Mosselbaai self is 'n baie lekker dorp om in vakansie te hou. As jy bereid is om die verkeer te trotseer in die vakansie-tyd, kan jy maar gaan. Maar die verkeer is baie erg oor vakansies. Dit bly steeds ons gunstelingplek om vakansie te hou."
"Ons besoek Mosselbaai nou al vir die afgelope 4 jaar en dit is vir ons 'n baie mooi plek. Die mense is gaaf, die atmosfeer is kalm en die plek self is baie mooi. So ja, aftrede daar sal ek beslis oorweeg."
"Die beste vakansie-omgewing. Mooi strande, skoon en netjies, mense baie hulpvaardig en vriendelik. "
"Dit is 'n fantastiese vakansieplek. Daar is soveel om te doen en te gaan kyk. Ons kon nie by alles uitkom nie dus sal ons definitief weer terug gaan Mosselbaai toe."
"Ons woon in die Oos-Kaap en wat 'n wonderlike ervaring was dit om op paaie te ry wat nie jou motor in wil sluk en om oral goeie kliëntediens te kry was hemels."
"Heerlike weer, mooi natuurskoon, skoon dorp met baie om te doen. Hartenbos-strandoord is netjies en veilig."
"Dis die lekkerste plek om vakansie te hou. Die baie mense maak dit lekker. Teen die Vrystaat is Mosselbaai bàie mooi - geen potholes en alles werk tenminste en dorp is skoon en netjies."
"Mosselbaai is 'n pragtige vakansiebestemming! Ons sal beslis weer terugkeer na Pinnnacle Point, maar die keer eerder by Leisure Rentals huur."