Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1698 reviews.
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Baie rustig. Tipiese Weskusdorpie sonder enige wêreldse luukshede. As jy daarvan hou om klippies of skulpies op te tel op die ongerepte strand of waardering het vir 'n pragtige sonsondergang oor die see, sal die plek jou aantrek."
"Beautiful, peaceful, laid back and friendly town. Truly laid back. Just do your shopping in Springbok!"
"Namakwaland kan goed wees as daar mooi blomme is, maar dit sal afhang van die seisoene. "
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."
"You have to get it right with the season, then it is spectacular. However without 4x4 you're very limited and a day trip would do as well."
"The beauty of the flowers has to be experienced. A picture just can't do it justice. We loved camping among the flowers. Be prepared for the cold!"
"Die omgewing ongelooflik. Hul grondpaaie is egter van die swakste wat jy kan kry. Selfs die paaie in die Nasionale Park is die swakste wat ek in enige Nasionale Park beleef het. Namakwaland se omgewing en nie net die blomme prag is besonders. Die moeite werd om dit te besoek en weer te besoek."
"Springbok is bekend vir sy sentrale ligging, veral vir blommekykers. Die straatname is duidelik en dit was geen probleem om ons verblyf te kry nie. Net jammer vir die kragonderbreking. Dit het dinge bietjie deurmekaar gemaak, maar steeds was dit nie 'n probleem vir ons nie."
"Pragtigste omgewing en al was daar nie hierdie jaar baie blomme nie, is die omgewing reeds die moeite werd."