Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6238 reviews.
"Juweel met besonderse kuslyn en plekke om te verken. Heerlik naby aan ander dorpe en besienswaardighede, maar sonder die besige verkeer en baie mense."
"Even had horses trotting down the main road which we hear is a common occurrence."
"Very pretty town with lots of trail running and mountain biking opportunities."
"Just there was so much water on the Bredasdorp road that we struggled to get through, but at least we made it to our destination."
"Fantastic place for fishing, relaxing and that peace of mind. Only 2 shops and one garage so make sure you have everything."
"Hermanus itself is well looked after, clean and most places are in close proximity for walking or driving. All places around Hermanus was very warm and welcoming."
"Bettiesbaai is 'n baie besondere plek, rustigheid en kalmte heers hier en mens kry die indruk dat niks jou jaag nie en jy kan kalmte vind en net rus vir jou siel kry. Jy kry ook die indruk van veiligheid en dat dié 'n familiebestemming is waar jy sal veilig wees"
"Albei geriefswinkels kan dalk meer moeite doen om groter verskeidenheid produkte aan te hou om vakansiegangers te akkommodeer. Ons moes meer as 1 maal uitry Heidelberg toe vir nodige aankope. Sekere restaurante is buite seisoen gesluit of maak reeds vroegmiddag toe. Kon nie gaan aansit vir aandete. Haarsalon was sekere dae gesluit, en het dan net op bestelling kliënte gesien. Help glad nie inloop-kliënte nie, moes weereens uitry Heidelberg toe (wou net was en droogblaas, het my hairdryer by huis vergeet). Die Anchorage Restaurant is 'n ware juweel op die dorp. Was van 9 uur soggens oop tot laataand en bedien voortreflike etes, vanaf ontbyt tot aandete. Kos is heerlik. Eienaars en personeel baie gasvry en vriendelik. Het heerlik daar geëet en ontspan."
"Gaan stap rustig al die residensiële strate plat. Dis pragtig. Besoek die natuurreservate."
"Soos ons beïndruk was met Kaap Agulhas, was ons teleurgesteld met Struisbaai. Dit bied nie veel vir middelweek-toeriste nie."
"Almost everything is currently shut. Under normal circumstances, there'd be more to do."
"Very few restaurants that accommodate the kids in the town (play area etc.)"
"Pragtige dorp. Almal vriendelik en gasvry en dis duidelik besighede ondersteun mekaar. Restaurant is puik. Selfs die vis en chips by die hawe was beste wat ons nog geëet het."
"Asemrowende strand en dorp. Alles was loopafstand van ons af. Baie oulike en gesellige eetpkekke vir families en gesinne. Alles naby geleë. "
"Pragtige dorpie, baie vriendelike mense, lekker plek om net weer te gaan asemskep van die besige daaglikse lewe."