Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6539 reviews.
"Gansbaai het my nie beïndruk nie, maar ek het verlief geraak op Franskraal en Stanford."
"Die lekkerste restaurante, en klein winkeltjies, markies ens. Daar is beslis iets vir almal."
"Bied genoeg verskeidenheid en prag en eetplekke om enige besoek die moeite werd te maak."
"Dit is jammer dat daar net een restaurant is wat in seekosgeregte spesialiseer en The Garden Shack is net oop tot 17:30 (winter-tyd)."
"Dit was net kommerwekkend om te sien dat mense in die natuurreservaat sakke perlemoen gaan uithaal en met sakke hout uitstap na-ure. SAPD was gekontak, maar kan geen gesprek voer nie, want telefoon by stasie is 'n probleem. Het seker 5 keer probeer. Ek het ook die lighuis besoek en dit is teleurstellend om te sien dat onderhoud nagelaat word. Lekke deur dak as dit reën en buitehoutwerk het vir jare geen behandeling gekry nie. Die stappaadjies is netjies onderhou en dit is baie netjies by die suidste punt van Suid-Afrika, net geen publieke toilette nêrens daar te vinde nie."
"Dit is regtig 'n lekker plek om uit te span. Daar was gelukkig nie 'n verdrukking van mense nie, hoewel die weer heerlik was. Sal beslis weer teruggaan."
"Winderig, maar heerlik. Die boekwinkel by Beachcomber was 'n treffer, asook Fish and More (heerlike snoekpatee) en die koffiewinkel was voortreflik."
"Daar was baie probleme met die krag die naweek, maar ons het nogsteeds baie lekker gebly en is mal oor Bettysbaai."
"Naby genoeg aan Kleinmond vir aankope. As jy wil wegkom van alles is die dorp ideaal."
"It's a quaint little town. The main attraction is the southernmost point of Africa and the shipwreck. Perfect for a relaxing few days by the ocean."
"Die natuurskoon is baie mooi en indien jy mal is oor Pinot Noir en Chardonnay sal jy dit geniet, daar is baie ander dinge om ook te sien en doen."