Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 230 resensies.
"Baie lekker vir as jy net op die strand wil lê en wees. Ons was bietjie teleurgesteld dat ons nêrens vars vis kon koop nie en het toe die supermark se gevriesde viskosse aangepak. Die dorpie het ook nie baie toerisvriendelik voorgekom nie. Ons het selfs gesukkel om 'n sambreel vir die strand op te spoor. Maar dis die rustigheid vanself op die strande. Baie mooi ook."
"Vir ons was alles perfek, want dit is buite seisoen. Ek dink in seisoen sal dit baie besig wees."
"A quiet town with a very close-knit community that has enough on offer to keep one entertained without all the noise from a large city. A great escape within a great town. "
"I would recommend anybody to go and pay a visit at the resort. Port Alfred is cosy and has 2 quite huge malls. Everything you need is there. Shoprite and Pick 'n Pay, banks."
"Enigste probleem is maar die water in die Oos-Kaap. Die munisipaliteit sal regtigwaar iets aan dit moet doen om te voorkom dat daar nie toeriste is wat ander pad kies nie."
"Die ou dorpie self is beslis besig om agteruit te gaan. Dis maar morsig en onversorg. Die informele gekuier langs die rivier naby Port Alfred Sands is ook nie lekker nie. Daar is party dae nie plek om verby te kom strand toe - met al die mense en motors wat daar staan nie."
"Very picturesque town with long sandy beaches. Unfortunately, the town centre is a bit run down."
"Dink Port Alfred is 'n awesome dorpie. Sal definitief weer gaan vakansie hou daar."