Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 486 resensies.
"Hulle moet aanhou met die toepas van geen drank op die strand nie en ook skoonmaak van die strand."
"Saldanhabaai Munisipaliteit klop op die skouer, strande baie skoon, netjies en veilig. Dankie dat strand beman was met veiligheid beamptes."
"My verwagting was seker maar te groot aangesien ek net Langebaan ken, maar Saldanha is meer van 'n plaasdorpie. Wat ek baie van Saldanha hou is dat almal jou verwelkom asof hul jou jare ken."
"Ek kon min inligting kry oor goed om te doen in Saldanha op die internet. Daar is egter baie goeie bestemming nie te ver weg nie."
"Wens ons kon in Saldanhabaai verewig gaan bly. Sal graag 'n groot vakansiehuis wil huur vir die Desember vakansie."
"As jy hou van visvang en kreef duik, dink ek Saldanha is 'n lekker plek. Die omgewing is pragtig."
"Ek hou baie van die eetplek The Standstone. Almal is vriendelik en die plekkie se kos is baie lekker."
"Saldanha is a industrial town with its iron works it is a good place too stay and travel around other areas of the West Coast. "
"Sal enige tyd weer daar wil vakansiehou. Die lug en gemeenskap was fantasties."
"Saldanha is pragtig en die natuur is wonderlik. Elke foto en video wat ek geneem het is asemrowend. Langebaan, Paternoster, St Helenabaai, Tietiesbaai, ensovoorts, was naby genoeg en ons het elke aand tot laat langs die strand gestap en die sonsondergang bewonder."
"Dit was vir ons 'n baie lekker dorp om in te bly. Dit is ook nie te ver van ander kusdorpe soos Langebaan en Patenoster af nie."
"Saldanha bied baie moontlikhede en die dorpies rondom is lieflike toeristetrekpleisters. Miskien moet Saldanha meer bemark word."