Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3412 resensies.
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Furrows Lodge"If you have never visited, this is a lovely town, a must see! Worth the small diversion from Graaf Reneit!"
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Abaco"Vriendelike mense, genoegsame gesinsaktiwiteite, bekostigbare winkels en resturante."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Furrows Lodge"Ongelooflike ontdekkings in die oënskynlike vaaljapie-dorpie. Meer as 'n oornagplekkie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Bunkers View on First Avenue"Die Windy City is baie meer akkuraat as die Friendly City."
Cannon Rocks, Sarah Baartman-distrik
Shipwreck Cottage"Een van die mooiste, veiligste kusstreke in ons land, ons het in die Woody Cape Natuurreservaat se woud gaan stap, wonderlik. Die rit soontoe, deur al die melkplase wat langs die kus loop, is 'n ervaring op sy eie. Ons was ook na die Quin Beeldhoutuin in Alexandria, 'n moet! Lekker gestap op die ongerepte strand en geswem in die see. Lekker!"
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Villa Majestic for Exclusive Accommodation"They have friendly people and it's a lovely town. We will go back again."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Jessie's Place"Vermy die stadarea en geniet die klein dorpies."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Allemann se Huisie"Bou voort om die pragtige dorpie te onderhou en te bemark."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Hancke Holiday Apartments"Jeffreysbaai is altyd 'n lekker vakansie plek om te besoek."
Oesterbaai, Sarah Baartman-distrik
Oyster Kaya @ Oyster Bay"'n Rustige klein dorpie by die see met 'n pragtig strand wat eindeloos strek. Die ideale plek as mens net wil ontspan."
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Pyramid House By the Sea"Port Alfred is such a breath taking place with its beauty, peaceful and so refreshing."
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Alfred View Guest House"Beautiful place, people are so friendly and welcoming, a definite place you would want to take your family to."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
28Kabeljauws"Die algemene toestand van die paaie in die dorp sal dringend moet opgeknap word. Daar is heeltemal te veel slaggate vir die algemene veiligheid van voertuie se bande en wiele."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Die stop by die brouery is altyd op ons agenda. Geniet altyd die lekker platter saam met die heuningbier en apple cider. Ook alte heerlik geëet by die kunsgalery. Hierdie keer het ons vir 2 aande oorgebly en die pad opgery tot by die bankie. Wat 'n lieflike uitsig van Nieu-Bethesda. Dit sal ook nou in instelling word en wil volgende keer daar wees as die son ondergaan."
Oesterbaai, Sarah Baartman-distrik
At The Beach"Al nadeel is die lang grondpad wat mens moet ry, en as mens siek raak daar is die naaste dokter of apteek eers in Humansdorp."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
And The Cow Jumped Over The Moon..."Nieu-Bethesda het 'n besonderse atmosfeer van rustigheid en 'n skilderagtige dorpie."
Kaap St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Seal Point @ Cape St Francis"Baie uitgebrei en ’n klipgooi van St. Francis, Humansdorp en Jeffriesbaai. Iets vir almal om te kies en keur."
"Ongerepte natuurskoon. Lekker 4x4-roetes. Dit was ’n rowwe pad op pad na Patensie se rigting - maar ’n moet om te beleef."