Verified Reviews
Drakensberg, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 4382 reviews.
Clarens, Drakensberg, South Africa
Cottage Pie"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Linwood Guest Farm"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
Clarens, Drakensberg, South Africa
V'Kansi Khaya"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Larola Terraces"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rooiland"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "
Rosetta, Drakensberg, South Africa
Riverside Manor"Klein plekkie, maar definitief 'n toeriste aantrekking. Heerlike koffiewinkel en sjokolade winkel is 'n moet!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rebellie Gaste Plaas - Loslit"Golden Gate is 'n groot pluspunt."
Winterton, Drakensberg, South Africa
Goodhope Country Escape"Winterton is die sentrum van hierdie toeristestreek. Dit het 'n baie interessante museum. John Weston se gemotoriseerde karavaan waarmee hy en sy gesin honderd jaar gelede deur Afrika na Europa gereis het, staan in die museum. Die kurator en inligtingsbeampte van die museum is baie behulpsaam. 'n Goeie kaart van die hele gebied en al die oorblyplekke is beskikbaar. Winterton is 100 jaar oud, maar steeds 'n mooi dorpie wat goed instand gehou word. Iemand wat nog nie hier was nie, mis iets."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Fairview Cottages"Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Royal Coachman Lodge"Been there before and will keep on going back!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Old Mill Drift Guest Farm"Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Lekker kuierdorpie vir 'n naweek."
Clocolan, Drakensberg, South Africa
Vlakbult Guest Farm"Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Red Mountain House"Baie unieke dorp met die mooiste natuurskoon."
Ladybrand, Drakensberg, South Africa
Ladybrand Heritage House"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Knock Out View"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Habitat"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Hannic's Retreat"Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Pragtig, maar baie duur vir Suid-Afrikaners."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Arundel Studios"Goeie wegbreek opsie uit Johannesburg. Mens kan gaan stap, fietsry en die dorpie se kunswinkeltjies en restaurantjies besoek, so daar's heelwat om te doen as jy van 'n rustige wegbreek hou."
Ladybrand, Drakensberg, South Africa
Ladybrand Guest House"Ek sal net graag wil sien dat die paaie in die dorpie beter onderhou word."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Old Mill Drift Guest Farm"Very commercialised, but very nice. Too busy for my liking."