Verified Reviews
Stellenbosch Central
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch Central
Rated 4.7 out of 5 based on 118 reviews.
"Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!"
"Dit was mooi om die aand in die strate te loop. Ongelukkig kon ek na-ure nie 'n "kafee" vind om iets te koop nie."
"Snags is dit nogal rumoerig en die karre raas ... maar dan oorskadu die parkeer en stap gerief die rumoer."
"Beautiful architecture and surroundings. Good restaurants, pubs and bistros. Very crowded with tourists."
"Parkeerplek is 'n riller! Bespreek daarom altyd by akkomodasie wat parkeerplek beskikbaar het. Maar as jy so sentraal bly het jy geen vervoer nodig nie."
"Parkering bly maar 'n oorkoepelende problem, andersins heerlik om daar rond te stap en die skoonheid te geniet."
"Die restaurante is verskriklik duur. Dit raak tog bietjie duur, as mens die heeltyd moet uiteet. "
"Parkering 'n nagmerrie! Uitstaande restaurante en wye verskeidenheid van smake en geure! Wonderlike toerisme ervaring!"
"Om in Stellenbosch oor te bly vir 'n paar dae is amper soos om in 'n Africana-skildery rond te loop: die ou geboue word met begrip liefdevol in stand gehou en gebruik. Die mense op straat was vriendelik soos mens jou Bolanders en ontspanne toeriste sal voorstel. 'n Juweel."
"Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil."