Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Still Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 656 resensies.

Stilbaai

Adagio Luxury Apartments

"Pragtige dorpie!"

Stilbaai

Botterkloof Resort

"Lieflike vakansiedorp."

Stilbaai

Anderson Rondavel

"Die restaurante en koffiewinkels is nie oop vir ontbyt voor 09:00 nie. Daar is byne geen opsies vir Sondagmiddagetes nie."

Stilbaai

Tornyn Stilbaai Wes

"Ongelooflike natuurskoon, staproetes vir alle tipes, pragtige huise, veiligheid, goeie restaurante Om nie eers van die seestrand en strandmeer te praat nie. Die plek het ons hart gesteel en ons beplan alreeds ons volgende vakansie in Stilbaai."

Stilbaai

Myrtle's Retreat

"Baie lekker vakansiebestemming. Strande is fantasties. Al die bouvlagstrande is kindervriendelik. Lappesbaai, die hoofstrand is 'n baie lekker swemstrand. Daar is nie 'n helling nie, so jy kan lekker diep instap en die golwe is nie te rof nie. Skulpiesbaai is lekker vir snorkel, kan die kleintjies leer snorkel aangesien dit baie kalm is met laagwater. Die lagoon is ook baie lekker, met hoogwater is die stroom egter nogal sterk. Het lekker gestap by Geelkrans, baie mooi staproete vanaf preekstoel en strandlangs terug. Daar is 'n stukkie deur private grond voor jy op die strand kom, en as jy hoogtevrees het kan dit dalk erg wees aaangesien dit nogal 'n vinnige daling met 'n smal bergpaadjie is tot op die pragtige strand. Die toerisme buro is baie vriendelik en behulpsaam."

Stilbaai

Bellevue Oord 4

"Stilbaai is uitstekende bestemming met vele om te doen. Selfs met Covid-beperkings in plek was ons nooit vervelig nie. Gaan beslis weer terug!"

Stilbaai

Shekhinah

"Stilbaai is mooi in elke rigting wat jy kyk. Die dorpie is so gerieflik met winkeltjies en heerlike eetplekke. Die gees is aansteeklik en die mense oral is vriendelik en behulpsaam. Top klas dorpie wat ‘n top klas besoek verseker!"

Stilbaai

Botterkloof Resort

"Wonderful beaches and numerous dining options. Very friendly people. Numerous water sport options."

Stilbaai

Bellevue Oord 13

"Mooi strand en lekker vakansie-atmosfeer."

Stilbaai

Muir Holiday Flats

"Fantastiese dorpie!"

Stilbaai

Strandloper

"Ek kom al van 1974 soontoe en ons trek vir aftrede oor 2 maande soontoe sodra ons huis klaar gebou is! Dit sê seker genoeg!"

Stilbaai

Muir Holiday Flats

"Gaan beslis daar aftree. Stilbaai hier kom ons."

Stilbaai

Muishondbaai

"I would buy a home in Stilbaai at Skilpiesbaai for sure. Beautiful views. Private and safe and secure. The people are super friendly and kind."

Stilbaai

Anemoon

"Ons is lief vir Stilbaai. Ons tipe mense. Hartlik, eerlik en opreg en omgee mense. Sien ons sommer gou weer!"

Stilbaai

Fransie en Doep se Stoep

"Dit het baie verander en duur geword."

Stilbaai

Strandloper

"Stilbaai beskik oor alle noodsaaklike besighede en dan ook 'n paar wonderlike inkopiebederwe. Die dorp word baie mooi onderhou."

Stilbaai

Adagio Luxury Apartments

"Sekerlik een van die skoonste en veiligste dorpe in ons land! Ons was verras oor die mooi omgewing met die Goukourivier wat deur die dorp loop. Goeie winkels en uitstekende eetplekke met lang wit strande waar mens ver kan stap."

Stilbaai

Stroois

"Fabulous quiet beaches, warm water, rock pools, hikes, lots of wildlife and local attractions."

Stilbaai

Beach Castle

"Stilbaai is 'n pragtige dorpie. Skoon en netjies. Die inwoners is vriendelik en ons was ook baie beïndruk met die vriendelike Afrikaanssprekende inwoners."

Stilbaai

Strandloper

"Puik bestemming vir 'n seevakansie."

Stilbaai

Oppiekop

"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig sal hê."

Stilbaai

Aitsa!

"Mooi skoon en veilige plek."

Stilbaai

Albatros @ Stilbaai

"Fantastiese rustige omgewing."

Stilbaai

Vermaak-Likheid Garden Cottage

"Rustige, skoon en gemaklike vakansiedorp. Oor paar jaar dalk 'n aftree-opsie. "

Stilbaai

Kannie Kla Nie

"Love love love."

Stilbaai

Beach Castle

"Lieflike dorpie met baie besienswaardighede, lang, skoon strand. Het veral die inligting oor mak palings by toeristekantoor en die besondere 'Tuin op die Brak' geniet."

Stilbaai

Vermaak-Likheid Garden Cottage

"Ons gaan al vir jare na Stilbaai en dit is altyd 'n voorreg om daar te kan wees."

Blad
Blad 14 - Wys 391 tot 420
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem