Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2613 resensies.
"Ek dink Jeffreysbaai is 'n wonderlike vakansieplek sal weer gaan vir langer een aand is te min."
"Ons het Jeffreysbaai baie geniet en sal met ons volgende besoek langer bly."
"Die ou dorpie het vreeslik agteruit gegaan. Die toestand van die paaie is skokkend. Maar dit bly 'n mooi en rustige dorpie."
Makhanda (Grahamstad), Sonskynkus
Bartholomew's Loft"Al die geskiedenis, die ervaring en die natuur rondom, is wonderlik."
"Baie mooi plekke om na toe uit te ry vir die dag wanneer dit bietjie winderg op die strand is."
"Jeffreys het 'n aangename vakansieatmosfeer en mens hou lekker vakansie daar. Dit is egter net jammer dat Jeffreys se plaaslike regering nie die infrastruktuur van Jeffreys voldoende in stand hou nie. Die paaie asook water kwaliteit is nie na wense nie. Daar is die aller mooiste huise, en eienaars het heelwat belê in hul eiendom maar word teleurstellend in die steek gelaat deur die plaaslike regering. "
"It is a lovely guest house that is perfect for a short stay however I would not make use of it over a long period of time. It is also near to a shopping complex that has the basics just as a Pick n Pay."
"The beaches are breath-takingly beautiful and the restaurant food offerings are creative and price efficient. Love this part of the world!"
"Na baie jare het ons die besoek aan Addo Olifantpark geniet. Dat ons wel oorgeslaap het buite die park was geensins die probleem wat ons gedink het nie."
"Asemrowend - Al is daar nie 'n winkelsentrum naby nie is daar 'n baie goed toegeruste SPAR met baie vriendelike personeel."
"Humansdorp baie sentraal tov St Francis, Jeffreysbaai en Paradysstrand. Dit het dit BAIE koste effektief gemaak om die omgewing te sien en te verken."
"Ek gaan beslis weer daar bly, goed geleë vir besigheid. Uit die gewoel van die stad maar tog naby genoeg."
"Was vir te kort tydjie daar maar het wel gesoek na 'n goeie restaurant in die omgewing van die gastehuis en het in Walmer opgeland daardie aand."