Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2594 resensies.
"Wonderlike plek, soveel so, dat ons 'n vakansiehuisie in Wavecrest gekoop het. En terwyl ons gesoek het na die huisie, het ons by Bay Cove Inn tuisgegaan! Wavecrest is stil en rustig met beeldskone see views en strande!"
"Die toer was baie interessant en leersaam gewees. Die gids het ons vanaf die Die Elephant House gery en die toer met ons gedoen. "
"Veilige en skoon area met lekker stap- en drafopsies. Die strandfront is slegs 'n paar honderd meter ver en 'n inkoopsentrum is binne kort loopafstand. "
"Ongelooflik! Dit is 'n pragtige skoon plek en sal verseker weer daar bly."
"Dis die eerste keer wat ek in PE gekom het, Somerstrand is 'n baie netjiese voorstad en sal nie omgee om daar te bly nie."
"Restaurant se personeel was BAIE vriendelik en behulpsaam. Iets wat mens nie meer aldag in ons mooi land teëkom nie."
"Hiervandaan kan die Addo Olifantpark maklik bereik word en die omliggende area is iets besonders om te besoek."
"Baie lekker plek om diere te besigtig: baie olifante en ander diere gesien."