Geverifieerde Resensie
Swellendam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swellendam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 507 resensies.
"Ek was jare laas op die dorpie, maar dis steeds 'n pragtige plekkie vol "hidden little gems". Beslis die stilhou werd vir enige toeris wat in die omgewing is."
"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Nog baie potensiaal. Wil voorkom asof die stadsraad se toeristekamp in die dorp agteruit gegaan het."
"Mooi dorp. Interessante NG Kerk in die dorp - veral die kerk se kloktoring. Lekker sop geëet oorkant die kerk by The Old Gaol."
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Die Wildebraam Berry Estate is 'n goeie stop om te maak! Lekker proe van likeurs en ingelegde lekkerte!"
"Die kerkgebou van die NG Kerk en die pragtige tuine daar rondom is 'n besienswaardigheid wat mens nie moet verbygaan nie."
"Swellendam is in 'n pragtige omgewing geleë en binne bereik van die natuurskone Boland en Klein Karoo. Heelwat te sien in die Swellendam omgewing self."
"Unbelievable change in the town. Beautiful guest houses and restaurants. Very high level of amenities and incredible choice of restaurants."
"Pragtige plek. Het ons net vasgeloop met winkels wat 19:00 toemaak, maar Malle Madonna het ons voorsien van vriendelike diens en 'n heerlike ete."
"Beautiful and historic. Easy access to both wine regions and the Klein Karoo. "
"Wat 'n pragtige dorpie om te verken! Lekkerste restaurante. Wil graag Old Mill uitsonder. Waterblommetjiebredie was heerlik! Ons moes net baie lank wag."
"Ek het 50 jaar gelede daar grootgeword. Skoon, rustige en veilige plattelandse dorp."
"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."
"We love Swellendam and this time we discovered the restaurant La Vagabond, had an excellent dinner there. Lunch at the Belle Alliance is an old favorite of mine."
"A beautiful town filled with history and warm, friendly people. A tranquil and serene town."
"Swellendam is 'n lekker kuierplek. Mense is baie vriendelik en jy voel baie tuis. Oral waar ons was het ons baie welkom gevoel."