Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1340 resensies.
"Dit is een van my gunsteling-oornagplekkies op die lang pad tussen die Kaap en Krugersdorp. "
"Sentraal en goeie ligging as jy van die kus na die binneland reis. Die omgewing is mooi en sag op die oog na 'n lang dag op die pad!"
"Ek het al verskeie besoeke aan Gariepdam gebring. Daar is baie om te doen in die area, soos 'n sonsondergangpiekniek op die brug by Bethulie, en 'n besoek aan Oviston om die dam uit 'n ander hoek te bekyk. Om net die sirkelroete om die dam te doen is so die moeite werd. Daar is ook baie ander besienswaardighede by die dam self. De Stijl is 'n geliefkoosde stopplek en baie beter as 'n 1Stop. Hulle etes in die restaurant is ook baie lekker. Slaapplek by die dam is volop."
"Baie lekker om die Hennie Steyn-brug te besoek met sononder. Hele paar interessante feite oor Bethulie geleer."
"Die woonbuurt het geen karakter nie. Die mooi uitsig is al waaroor 'n mens opgewonde kan raak."
"The town is clean and tidy. Definitely somewhere that we would like to visit and stay again."
"Daar is baie goed in en om die omgewing om te doen. Mens moet ten minste vir 2 tot 3 aande bly!"
"Privaat ontwikkelaar moet toegelaat word om Gariep te ontwikkel in 'n wêreldklas-oord."
"Ons was daar toe die dam vol was. Wat 'n asemrowende belewenis. Tjialatyd Restaurant het ook lekker kos bedien. Die Noord-Kaap/Suid-Vrystaat hou 'n bekoring en skoonheid in wat mens se siel goed doen."
"Die dorp is mooi skoon en daar is lekker restaurante. Daar is ook heelwat te sien in die omgewing, o.a. die Gariepdam."
"Die dam indrukwekkend en fasiliteite is redelik goed in stand gehou. Toe ons daar was het die dam oorgeloop."
"Dit was die eerste keer wat ek dam besoek het. Moet sê ek het bietjie meer verwag, dorpie is besig om te verval."