Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1340 reviews.
"Daar is definitief 'n besigheidsgeleentheid vir die uithuur van bergfietse, veral as die nabye natuurreservaat dit sou toelaat. Watersport het ook potensiaal."
"Die area rondom die dam raak vervalle en is nie meer so netjies soos in die verlede nie."
"Gariepdam is 'n ideale wegbreekdorpie indien iemand van die gejaag van die stad wil wegkom. Die hotel en oord blyk die ideale blyplekke te wees. "
"Rustige atmosfeer. Sal dit beslis aanbeveel vir persone wat werklik wil rus."
"Vaart op die dam is baie lekker gewees. Kort dalk `n toerisme buro om al die aktiwiteite aan te dui."
"Baie klein dorpie met 'n baie indrukwekkende brug wat die langste brug in SA is."
"Indien jou begroting dit toelaat is die vierster De Stijl hotel die moeite werd om te besoek. Dit het 'n uitstekende restaurant wat inloop gaste toelaat. Met 'n asemrowende uitsig oor die dam en iets lekkers te eet en te drink sal dit 'n hoogtepunt van jou reis na die Kaap wees."
"Doen moeite en gaan verken Norvalspont, die hotel en dan die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp gedenkteken."