Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1340 reviews.
"Ons het 'n bootrit op die dam gehad en ook Bethulie-museum en Kampbegrafplaas besoek. Interressante uitstappies is beskikbaar in die omgewing."
"Die OK Foods het ons verwagtinge oortref. Jy kry alles daar teen dieselfde pryse as elders."
"Die beste plek vir 'n halfpad top. Die uitsig oor die dam is fantasties en 'n besoek aan die damwal is beslis die moeite werd."
"Baie gerieflike plek om te oornag op die lang pad tussen Kaapstad en Johannesburg. Die dam self is ook 'n trekpleister en altyd 'n besoekie werd."
"Dis 'n moet stop vir toerisme-ervaring. Die grootheid van die dam dui op uitmuntende ingenieurswerk."
"Dis baie gerieflik om by Gariepdam te oornag. Dit maak die reis-ervaring soveel gemakliker."
"'n Mens kan sien die dorpie het 'n finansiële hupstoot nodig, daarom help ons gesin eerder die toerisme industrie van Bethulie as wat mens die ou gewone plekke wat op hoofroetes is. En as mens op n juweel soos The Aloes af kom dan maak dit mens bly."
"Baie klein geskiedkundige dorpie. Baie vriendelike mense wat daar bly! Hulle kort beslis meer bemarking - om die gemeenskap te help. Dis 'n jammerte die Bethuliedamoord het toegemaak. Dis 'n pragtige plek."