Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2349 reviews.
"Spandeer gerus 'n dag in Victoria-Wes om te verken. Pragtige dorpie en Apollo Theatre is 'n moet en so ook 'n draai by Victoria-Wes se pragtige hotel."
"Dit is 'n pragtige dorpie met gasvrye, vriendelike mense wat jou baie welkom laat voel."
"It is a quaint town but unfortunately did not get time to discover its treasures!"
"I would definitely suggest stopping over the for the night in Richmond rather then Colesberg."
"We travelled back from the Cape and couldn't get accommodation in Colesburg, decided to go through Kimberly instead and miss the traffic at the toll gates which turned out to be the best idea as there was no traffic or very little and no toll gates to Gauteng on the N12. Also had a much safer journey."
"Murraysburg se mense is gasvry. Hulle ontvang graag mense en wil graag meer toeriste lok. Dit is beslis 'n besoek werd."
"Pragtige dorpie wat die reisiger op pad Kaap toe gerus kan besoek. Net baie koud in die winter. Sal eerder dit net in die somer besoek."
"Ons het nie regtig Britstown verken nie, het net oornag en die volgende oggend weer vertrek."
"Dis 'n baie mooi en rustige ou dorpie, perfekte plek om oor te slaap, in die Karoo!"
"Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word."
"Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op."
"Ek sal vir seker daar kan bly, dit is rustig en die natuurskoon is asemrowend."
"Om oor die damwal te kon ry en by die uitkykpunte te kon stop en die wal te kon aanskou was regtig iets om te onthou."
"De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde."
"'n Moet-bestemming! Interessante geskiedenis en absoluut pragtig! Victoria West is 'n interessante dorpie, besoek gerus die Monument. "
"Britstown is 'n pragtige dorp en ons almal kan 'n bladsy vat uit Britstown se boek hoe om nederig en ordentlik te wees. "
"Ek was regtig verbaas oor die dorpie se kultuur en museums ens. Ek het heerlike geëet by die Vetmuis! So rustige atmosfeer. Ek is spyt ek het nie meer verkenning gedoen daar nie. Sal dit beslis aanbeveel."
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."