Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"Was a good stay-over to break our long journey. Town fairly neat, good garage, but not much going on. The sort of town where you can stay and relax without much attractions."
"Verrassende mooi dorpie. Pragtige ou huise, meeste goed opgepas, in die wydse Karoo-landskap. Vriendelike mense. "
"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."
"It is up and coming and full of wonderful warm hearted South Africans with culture. Love the food and shops and beds too - tried many guesthouses there and they are great."
"Niks gaan aan in die dorp maar as 'n halfpad oornagstop tussen Johannesburg en Kaapstad is dit ideaal."
"Die mooiste Karoo-dorpie met baie om te sien en te ervaar. Heerlike etes by die Plaaskombuis."
"Goeie halfpad rusplek naby die N12. 'n Ekstra dag of twee kan dalk 'n belewenis wees. Versiering en kamers van uitstaande gehalte."
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"'n Pragtige skoon en netjiese dorpie! Die dorp het 'n bekoring van sy eie en die inwoners is so vriendelik!"
"Dis 'n mooi dorp, maar die groot aantal kinders wat by elke straathoek by motoriste bedel is onstellend. Daar is ook oral langs paaie gebreekte glas en rommel wat in die bosse rondlê. Die strate self was redelik goed skoongemaak, maar moenie gaan stap af van die hoofroetes nie."
"Die dorp is netjies en die strate sonder slaggate. Ongelukkig was my verblyf te kort om volledig oor Hanover as 'n toeristebestemming kommentaar te lewer. "
"Baie klein dorpie, goed vir verblyf as jy wil oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."