Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"Gesellige dorp, pragtig, met fantastiese eetplekke en restaurante. Wit eenvormige huisies en skoon strate skep 'n lekker vakansie gevoel."
"Vir dié wat opsoek is na absolute sielsrus en wegdoen met die normale dag-tot-dag roetine is hierdie sonder twyfel die perfekte wegbreek!"
"Was aangenaam verras met hierdie stil en pragtige Weskus dorpie. Jacobsbaai met sy estetika en behuising het veral opgeval en dit is geen wonder dat eiendom in Jacobsbaai so gewild is nie. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Is nog nie so bedrywig soos bv. Paternoster en Langebaan nie. As jy weg van die vertrapping en geraas wil wees, is dit die ideale plek."
"A very quiet village, but very peaceful and friendly - great for families."
"Ongelooflik mooi en geniet dit elke keer as ons kans kry om daar uit te kom vir vakansie. "
"Paternnoster is 'n fantastiese kusdorpie met alles wat mens nodig mag kry! Uitstekende restaurante, lieflike strand, pragtige sonsondergang en oneindige uitbreidings-geleenthede!"
"What a beautiful beach, so peaceful and relaxing. Friendly people, lovely food and we will definitely be back."
"Die dorp het baie agteruit gegaan en algemene instandhouding soos paaie, straatligte ens. kort bietjie aandag."
"As jy Strandfontein toe gaan, vat maar alles saam. Dis 'n vakansie bestemming, so jy gaan rus daar. Daar is geen verkeer nie, en hulle het 'n pragtige karavaanpark met die mooiste uitsig. Die winkeltjie op die dorp maak reeds 18:00 toe, so as jy iets vergeet het, wikkel maar vroeg. Daar is ook 'n restaurant op die dorp wat maar redelik duur is vergeleke met ons dorp se restaurante. Besoek gerus ook vir Doringbaai (8km ver) en gaan proe wyn by Fryers Cove in die ou vis fabriek. NS: Onthou jou bergfiets-lekker roetes om te ry in die omgewing."
"Alhoewel die plek afgeleë voel is dit tog naby ander dorpe en groot winkelsentrums."
"Ons het nooit gehoor van Jacobsbaai nie, altyd net Paternooster, maar ons sal definitief altyd in Jacobsbaai bly, want dit is die mooiste klein plekkie. "