Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6591 resensies.

Britanniabaai, Weskus

Absolute Beach

"Pragtige rustigheid."

Lambertsbaai, Weskus

Lambert's Bay Seafront

"The town is a bit industrial but the accommodation we had was out of the industrial area. We loved the fact that it was so quiet."

Paternoster, Weskus

Astrandt 3

"Die beste vakansieplek op aarde."

Paternoster, Weskus

Strandlopertjie

"Paternoster is 'n juweel in die Weskus."

St. Helenabaai, Weskus

Goblin's Creek

"Daar is nog baie ontwikkeling nodig. "

Britanniabaai, Weskus

Beachway on Golden Mile

"Mal oor die stilte. Dit was soos om 'n nuwe wêreld te ontdek."

Langebaan, Weskus

Mulligan

"Heerlike vakansieblyplek."

Britanniabaai, Weskus

Absolute Beach

"Stil plekkie waar rustige natuurskoon belangriker is as restaurante en inkopiesentrums. Alegria en De Palms is puik restaurante in die omgewing. "

Lambertsbaai, Weskus

Languedoc Verblyf

"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "

Lambertsbaai, Weskus

Raston Guest House

"Dit was sommer net lekker om die Weskus-gasvryheid te ervaar! "

Langebaan, Weskus

Tropico House Guest Rooms

"Fantastiese vakansieplek!"

Lambertsbaai, Weskus

Bay Plaza

"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"

Weskus

Weskus Hokkie

"Ons leef in 'n stukkende en siek wêreld waar ons skuil agter elektriese heinings, alarms, tralies en mensvreter-honde. Hier kon ons genadiglik ontsnap van daardie wêreld. Hier kon ons slaap met 'n oop deur en oop venster. Hier kon ons lê en luister na die naggeluide en nie na sirenes en karre se gejaag nie. En as die son sak en alles tooi in die diepste kleure...dan voel jy één met jou Skepper."

Britanniabaai, Weskus

Beachway on Golden Mile

"Eerste keer daar, maar sal definitief terugkeer. Was te kort gewees en het oulike restaurante."

Langebaan, Weskus

Flamingo Park A2

"Hulle kort 'n Mr Price. "

Paternoster, Weskus

Ceol na Mara

"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"

Velddrif, Weskus

Skipskop 1

"Baie lekker en rustige dorp."

Britanniabaai, Weskus

Beachway on Golden Mile

"Sekerlik een van die Weskus se geheime wat baie goed bewaar is! Fantastiese skoon strande en lae kommersiële impak beteken dis nog 'n plek waarheen mens kan wegbreek sonder om deel te voel van 'n toerismenes."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Twee uitstaande maaltye geniet - een by The Cabin en ander op die hawe. Bewaar dit soos dit is."

Paternoster, Weskus

Driftwood

"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "

Port Owen, Weskus

Dolphin Place House

"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."

Lambertsbaai, Weskus

Bougain Villa

"Net 'n jammerte daar is nie pikkewyne by die Voëleiland nie."

Jacobsbaai, Weskus

Ohana Self Catering

"Dit was nie my eerste keer in Jacobsbaai nie, maar wel my nommer 1 plekkie vir 'n wegbreeknaweek. Elke keer as ek daar kom voel ek tuis en ek kan my verkyk aan die pragtige baai met sy mooi huise. Ek dink die grondpaaie gee karakter!"

Lambertsbaai, Weskus

Languedoc Verblyf

"Muisbosskerm Restaurant en hawe met seemeeue is beslis 'n ondervinding wat besoek moet word."

Calypso Beach, Weskus

Crystal Lagoon Lodge

"Safe, clean and well managed estate."

Paternoster, Weskus

Pikkewyntjie

"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."

Yzerfontein, Weskus

83 Dassen Island

"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"

Blad
Blad 202 - Wys 6031 tot 6060
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang