Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6636 resensies.
"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
"Die plek is uiters skoon as dit vergelyk kan word met Gauteng. Die water is koud maar die strande is pragtig. Binne bereik van Paternoster, Langebaan, Kaap Columbine Natuurreservaat, Yzerfontein, Velddrif en baie ander. 'n Baie lekker vakansiedorp!"
"Lambertsbaai is die ideale plek om waarlik van die stad weg te breek. Besoek gerus die Muisbosskerm en gaan kyk na die Malgasse op die eiland. "
"Info kantoor is nie baie behulpsaam nie. Dorp se mense is baie vriendelik en dorp is baie skoon."
"Ons is nie baie lief vir Langebaan nie. Vir 'n dag of so, maar nie vir vakansie nie."
"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike en behulpsame mense wat in die winkels en restaurante werk. Dit is effens sleg dat daar so baie bedelaars is."
"Ongelooflike lekker plek met 'n wonderlike plat op die aarde atmosfeer!"
"Pragtige kusdorpie, baie naby aan Kaapstad. Vir 'n lekker rustige wegbreek van die stadsgejaag."
"We fell in love with St Helena Bay - a place with so much character! Beautiful beach walks, a great restaurant overlooking the sea, and very well located to visit other West Coast attractions. Highly recommended for an authentic West Coast experience!"