Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6672 reviews.
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
"Die plek is uiters skoon as dit vergelyk kan word met Gauteng. Die water is koud maar die strande is pragtig. Binne bereik van Paternoster, Langebaan, Kaap Columbine Natuurreservaat, Yzerfontein, Velddrif en baie ander. 'n Baie lekker vakansiedorp!"
"Lambertsbaai is die ideale plek om waarlik van die stad weg te breek. Besoek gerus die Muisbosskerm en gaan kyk na die Malgasse op die eiland. "
"Info kantoor is nie baie behulpsaam nie. Dorp se mense is baie vriendelik en dorp is baie skoon."
"Ons is nie baie lief vir Langebaan nie. Vir 'n dag of so, maar nie vir vakansie nie."