Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6636 reviews.
"Paternoster is 'n pragtige dorp en die strande is baie mooi en stil. Die een deel van die hoofstrand kan wel doen met bietjie opruim - daar was glasstukke en rommel by die deel waar die bote uitkom. Koop maar liefs meeste van jou kruideniersware op Vredenburg, want alhoewel die winkels op Paternoster meeste belangrike items aanhou, is dit soms baie besig en beknop en die opsies is maar beperk. Die dorp het heerlike restaurante, maar onthou om betyds te bespreek in vakansies. Ons gunstelinge met twee klein kinders was Voorstrandt en Seekombuis."
"Value for money. The most beautiful place I've ever seen. Safe and clean. Will definitely go back to Yzerfontein."
"Unieke vakansie ligging. Die strand, rus en vrede was heerlik. Velddrif se spar verkoop alles wat jy nodig het in oormaat en van topgehalte. Pak net jou handdoek en hoed."
"Dit was ons eerste besoek aan die Weskus - pragtige plekke gesien. Alles skoon, netjies en veilig."
"Lekker vakansiedorp en baie veilig. Was heerlik om met oop vensters sonder diefwering, alarms en veiligheidshekke te kon slaap. Hou dit asb. net so. Well done Strandfontein."
"If you want a break for everything, this is indeed the place to escape it. It is home away from home - and in fact even better."
"Beautiful plek, heerlike eetplekke, lekker Desember-gees! Wil sommer daar aftree. Sterkte met wat julle moet bereik."
"Yzerfontein kruip sommer vinnig diep in jou hart en die vriendelikheid van die inwoners kry jy nêrens anders nie. Dis waarlik die mooiste dorp in ons land."