Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6672 reviews.
"Bietjie te dooierig buite seisoen. Te veel bedelaars en smouse wat baie lastig is. Restaurante oorskat. Drie benut - diens nie goed en vergelyk in geheel nie goed met eetplekke elders nie. "
"Ek kan nie oordeel nie. Die onstandighede was heelemal buite gewoon met vulkaan Tonga se uitbarsting. En dan was daar nog die uiterste hittegloed wat die Kaap getref het. Ook as gevolg van die vulkaan. Spar was mooi skoon en het alles wat mens nodig kry. Naby baie plekke. Goeie ligging."
"Pragtige, rustige plek. Baie vrolike mense wat die heeltyd groet. Een seun skree sommer "Hallo, Oom!" Was net in my noppies om te sien die goeie maniere wat die jong seun het. Dankie almal in Dwarskersbos. Ek my naweek sommer baie baie geniet daar."
"Omdat ons buiteseisoen daar was, was die keuse van restaurante redelik beperk gedurende die week. Ons het wel 'n paar juweeltjies ontdek. As jy vars vis wil koop, gaan liewer na Laaiplek toe, baie beter keuses."
"Ons was op 'n Maandag daar, en meeste restaurante was toe, sommige ook op Dinsdae toe. Die 1 oop restaurant was vol bespreek, en kon ons nie help nie."
"Leeto and Noisy Oyster were both excellent dinner destinations. Paternoster needs a better supplies outlet. We fortunately did our groceries and drinks shopping at home before setting off and I would strongly recommend it."
"Our stay was brief, but enjoyed our lunch at Isabella's. Went to see the beachfront. A lovely town and enjoyed the wedding at Bosduifklip. Thank you."
"Jy moet van wind en koue see hou. My gevoel is dat Paternoster te gekommersieël word en dat die "ou" Paternoster gaan verdwyn. Die "vissersdorpie" is nie meer sigbaar nie. Paternoster het self nou ook 'n waterfront met baie duur restaurante."
"Dit sal baie help as daar 'n winkel beskikbaar is vir ten minste tot 20:00 die aand, asook 'n medical vending machine wat 24 uur beskikbaar is."
"I go there on holiday at least once a year because it's paradise! A great escape from city life."
"On some hot summer days, the beaches at Paternoster look like you are on a tropical island."
"Perfekte plek om rustig te raak en battery te herlaai. Ons sal vir seker weer terugkeer."