Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Dorpie klein en het daarom min winkels, maar ons het glad nie gesukkel nie, en kon als kry wat ons nodig gehad het. Pryse bietjie meer as waaraan gewoond is, maar steeds regverdig. Daar is groter sentra in die naby-genoeg omgewing waarheen mens kan ry indien mens nou regtig iets anders sou benodig."
"Especially in the flower season it is close to the West Coast National Park which is a must see. We didn't have enough time to fully explore everything Paternoster has to offer, but next time we will explore further."
"Die strate in die dorp is vol gate en eetplekke is beperk. Die restaurant by die Namaqua Kelder bied 'n goeie spyskaart aan, maar is buite die dorp geleë."
"Was beïndruk met die Klawer Kelder. Het beter wyne gekry as wat ek verwag het. Lekker geëet in Hotel se Restaurant."
"Fantastiese mooi plekkie met vriendelike aangename inwoners, nog meer besonders omdat dit ons eerste was in die Weskus. "
"Rustige kusdorpie waar jy heerlik kan ontspan en lekker eet. Mense is vriendelik en baie hulpvaardig."
"Lovely. I suspect it will develop rapidly with people leaving the metropolitan areas. A lot of opportunities. I'm also planning to relocate to St Helena Bay early next year. That was part of the reason for my visit."
"Die restaurant by die strand is nie oop op Maandae en Dinsdae nie. Doringbaai is dan die naaste eetplek."
"Omdat Doringbaai as 'n klein, slapende Weskusdorpie beskryf kan word is hy nie geskik as 'n normale vakansiebestemming nie."
"Hoofstraat 'n bietjie verwaarloos en die kinders met hulle skulpies het ons mal gemaak."
"Die natuurskoon is asemrowend. Die kampeerterrein is puik uitgelê en skoon en netjies. Die omgewing is ook skoon, paaie netjies. En daar is baie blomme om te sien."
"Paternoster is 'n bestemming waar jy graag wil wees. Die eetplekke se kosse is smaakvol voorberei. Die lekkerste van Paternoster is hul heerlike vars kreef en mossels. Dit is 'n top pluspunt. Die mense is vriendelik."
"Paaie teen 'kuslangs' terug Kaap toe het verassings gelewer van mooi omgewing. "
"It's very central to visit other towns in the West Coast area. It affordable and easy drive from Cape Town."
"Doringbaai is baie klein maar spesiaal en nog so ongerep. Sal dit defnitief weer besoek."