Geverifieerde Resensie
West Rand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Rand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 207 resensies.
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie behalwe om die winkelsentrums te besoek."
"Het dekades lank op die Wesrand gebly en as jy bereid is om te gaan soek, baie om te doen - veral "The Cradle of Humankind", Ruimsig Botaniese tuine, Leeu park ens ens. Daar is ook baie lekker winkelsentrums op die Wesrand met alles wat jy aan kan dink."
"Fantastiese area met soveel oulike plekkies in die omgewing om te besoek en nie eers ver van beide Pta of Jhb af nie."
"Magaliesburg is 'n klein dorpie met die nodige geriewe geleë in 'n pragtige omgewing met 'n verskeidenheid vakansie oorde en baie om te doen en te geniet."
"Heerlike restaurante, veral die "Blackhorse Brewery". Mooi natuurskoon en voëllewe."
"Ons het baie lekker geëet by Papachinos naby die Wilgeheuwel Hospitaal, maar dit is 'n ent weg."
"Gilroy's is 'n moet-sien! Craft Beer en fantastiese mense en selfs 'n beter atmosfeer!"
"Rant-en-Dal is a charming part of Krugersdorp and, surprisingly, not as far out as I thought it would be. "
"Het nie eintlik in die omgewing rondbeweeg nie. Dit wat ek gesien het - lieflike omgewing en verseker aan te bevele."
"Mooi landelike omgewing en sentraal geleë vir besienswaardighede en die stad."
"As jy wil wegbreek van die stad se rumoer is dit sommer net 'n klipgooi en jy is daar. Dit is steeds naby alles sou jy wou inkopies doen. Daar is baie toeriste aantreklikhede in die omgewing en selfs al het jy 2 weke tot jou beskikking sal dit nie genoeg tyd wees om alles te beleef nie."